Friday, August 8

Vrouedag

As ek aan Vrouedag dink is daar een wat altyd vir my uitstaan, 'n vrouedag ontbyt by die Midrand Protea Hotel seker so 12+ jaar terug. Onthou julle Annie en Charmaine? Ek het julle kom oplaai en ons het baie gekekkel en gelag en natuurlik Mara se omlette ...
Ek was baie geseend om deur die jare baie spesiale vrouens te ontmoet en baie spesiale herinneringe op te bou. Sit ons bymekaar en jou ore sal toeslaan van al die stories, hartseer en pret. As ek vinnig dink aan 3 van my topstories dan dink ek aan Charmaine wat in Afrika verdwaal het, Annie en ek wat as hiena "gesub" het en Mara wat jakkalse op hitte gelok het :-).
Natuurlik is daar nog ander vrouens wat groot rolle in my lewe gespeel het. (Hulle is miskien net 'n bietjie soeter) en vir julle se ek almal dankie. Dankie vir wat julle vir my beteken het en nog doen.
Vir AL die vroue wat hier lees wens ek 'n baie spesiale Vrouedag. Geniet dit!! Kom ons gaan mall toe ...

9 comments:

Anonymous said...

Sandra weet nie van vroudag hier in my 1 graad oggend met hael en sleet en sneeu en reen deurmekaar nie - maar wat ek wel weet is die spesiale plek wat jy inneem. Baie dankie vir wie jy is en miskien moet jy maar weer kom dat ons op die kombuiskas kan sit ...en koffie drink .....(bring maar vir Charmaine saam) dalk kry ons iets om te "sub"
Annie

Muriel said...

Dankie Sandra.

'n Baie spesiale vrouedag vir julle almal ook!!

Anonymous said...

'n Lekker vrouedag vir julle ook Sandra en geniet die shopping!! En ek dink jy moet dalk 'n inskrywing een of ander tyd doen oor daai 3 topstories! ;-)

Anonymous said...

Well...as hulle se ons moet die shopping geniet dan sal ons moet gaan shop!!

Anonymous said...

Annie die koue klink lekker, maar as jy hitte soek weet jy waar ne?! Hoop jy het 'n spesiale dag vandag.

Muriel hoop julle het ook 'n wonderlike dag vandag!


Thea geniet jou dag ook. Daai stories is seker net vir ons wat betrokke was snaaks want ons het ons naam lekker "stupid" gemaak.

Sussie hoe kan ons shop as jy in die ICU werk vandag?

Anonymous said...

Sandra en Annie, ons het baie interessante tye saam beleef en ons sal plan maak om weer bietjie saam te kuier. Aan al die ou(goue) vriendinne en die nuwe (silwer) vriendinne ... dankie vir wat julle vir my beteken. Mag dit 'n wonderlike vrouedag wees.

Anonymous said...

Sandra, dankie dat jy ons almal so vasgenael hou voor die rekenaar met jou Abu Dhabi stories... Jy is baie spesiaal.

Sien uit na jou kuier September in die mooiste Kaap!

Anonymous said...

Ronelle ek sien net so uit na my kuier in die Kaap September.

Hoop jy het ook 'n spesiale vrouedag gehad!

Desire Fourie said...

Hello Sandra. Ek wil jou graag 'n groot guns vra .... is dit moontlik dat ek jou prentjie van die vroue mag copy op my blog Doing Life? Sal waardeer as jy my kan laat weet. Groete van Gauteng. Desire