Tuesday, August 12

Die see by Onrus en Hermanus

Met die seuns se teruggaan het Eddie ook 'n paar dae gaan vakansie en bietjie in die strandhuis gaan bly. Ek's mal oor die see, en wil graag van die seefoto's wat hy geneem het met julle deel. Dis in Onrus en Hermanus geneem. Vir julle ouens wat by die see in SA bly, weet julle het baie om voor dankbaar te wees en julle ander wat saam met my die Kaapse see mis, is dit nie mooi nie? Ek dink nie dit het enige woorde nodig nie!








16 comments:

eilandkind/islandchild said...

aaah, ek het male sonder tal daardie houtbruggie gestap, my suster het in Hermanus gebly.
Ek het elke jaar gaan kuier in September wanneer die walvisse loop!
Lekker herinneringe.

Anonymous said...

Ek dink sy hoe die Walvis fotos vir volgende, daar was op een dag 50!

Vrou, as ek mooi soet is in Afghanistan mag ek maar weer gaan "vakansie"?

Desire Fourie said...

Die fotos is stunning en ek kan dink dat dit jou kan weemoedig maak. Maar te minste het jy darem die kiekies om na te kyk vir troos.

Muriel said...

Pragtige foto's Sandra!!!!
Ons het darem 'n mooi land.

Anonymous said...

Eilandkind hoe lyk die seelewe daar by julle?

Eddie ja, Desember sover ek reg onthou.

Desire ek gaan sommer September na die ware Jakob kyk

Ons het Muriel en dis hoekom ons teruggaan wanneer ons klaar is. Hoe voel jy nou?

Anonymous said...

Dis beautiful en nou verlang ek eers huistoe!!! Ek het, nie te lank terug nie, vir 2jaar elke 6 weke in Hermanus gaan werk en dit reg langs die see!

Anonymous said...

Asemrowend mooi!!
Soos jy se die fotos praat vir dit self!
Dit maak die verlange na die mooi land net soveel groter!

Groete

Anonymous said...

Kaalvoetinireen daai see ruik mos anders as op ander plekke

Min plekke wat sulke natuurskoon het Mariette.

Anonymous said...

Sjoe dis mooi! Ek dink ek gaan in jou kar wegkruip wanneer jy en jou ma Hermanus toe gaan!!!

Anonymous said...

Dis baie mooi. Ek sal selfs die koue hanteer vir 'n lang sit op die rotse.

Anonymous said...

Ronelle en hoekom wil jy wegkruip, daar is mos plek!!

Ja maat mens kan lang sit op die rotse en die see hoor en ruik.

eilandkind/islandchild said...

Ja weet jy Sandra, 'ons' see ruik anders, ek het nooit daai reuk in Engeland gekry toe ek daar gebly het nie en ek kry dit ook nie hier nie.
Die see hier is pragtig met allerhande skakerings van blou tot groen en alles tussenin en dis baie dae seepglad. Ek wag egter vir daai rowwe dae soos ons kry aan die SA kus.
Dit is mos nou orkaan seisoen hier, so miskien sal dit bietjie rowwer raak hier.
Ek sal bietjie foto's plaas van ons oseaan.

Anonymous said...

Eilandkind kan dit dalk die seebamboes wees wat dit so laat ruik want hier is die see ook reuk- en roerloos. Partydae is daar darem effense brandertjies, maar verder spieelglad en ook die mooiste bloue. Ek mis die branders teen die rotse ook baie. Sien uit daarna om julle see te sien.

Muriel said...

Hi Sandra baie goed dankie!!!
Jammer ek kom nou eers weer hier aan, ek moes net eers die dinge afsluit!!

Anonymous said...

Oe maar dis baie mooi!! Sandra, ek is sommer al opgewonde vir jou part oor jou kuier!

Anonymous said...

Muriel ek's bly jy's terug!

Ek's net so opgewonde Thea.