Ek was bevoorreg om hierdie week van twee mense 'n blog toekenning te kry. Dankie aan Desire en Eilandkind. Ek's bly julle geniet en kuier lekker saam met my hier in Abu Dhabi, dis vir my lekker om ook saam met julle te kuier.
Nou het ek die taak om ook die toekenning aan ses van my gunsteling blog te maak en dis moeilik wat ek lees nie soveel blogs nie. Daar is 'n paar wat onmiddelik met my praat en hulle besoek ek gereeld want hulle is my gunstelinge. Eilandkind het my natuurlik voorgespring en van hulle reeds aangewys, maar .... wat is die gesegte "as jy goed is, is jy goed!", so hoekom mag ek hulle nie weer noem nie?!
Die reels is baie eenvoudig
1. Maak 'n blog met die toekenning en wys ses ander aan wat jy van hou en
2. Los vir hulle 'n boodskap op hul blog om te vertel van die toekenning
My gunsteling blogs is natuurlik Charmaine (my "ou" maat met haar wyshede), Muriel (met haar opbeurende blog, blog en blog), Reisiger (met haar pragtige foto's en stories), Kaalvoetinireen (die stories van Korea met pragtige foto's), Eilandkind (al het jy my genomineer, nomineer ek jou van Desire se toekenning :-), wat altyd iets moois opsit en ek lief die see) en Sandmense (hulle is deel van my Abu Dhabi familie en ek's altyd bly as daar 'n storietjie opgesit word) .