Saturday, June 30

Vrouegroep "social"

Verlede week het die Vrouegroep hulle boekie klaargemaak, so hierdie week was dit tyd vir die groep "social". Ons het ook 'n verjaarsdag gehad en almal het gestem vir die Benihana restaurant. Dis 'n Japanese restaurant waar hulle die tradisionele Hibachi kuns gebruik om die kos gaar te maak. Natuurlik het ek die dames vroegtydig gewaarsku om hulle te gedra aangesien ons gesin graag daar eet en ek darem weer my gesig in die restaurant sal wil kan wys.




Helene wys dat sy die stokkie-kuns heeltemal bemeester het. Sy probeer selfs vir Sanette demonstreer hoe om dit te doen.

Van die dames besig met hulle Benihana Slaai. Hulle was regtig oulik met die "pick-up-sticks". Wat julle nie sien nie, is dat ek nog die tradisionele vurk verkies.


Die plaat is waar ons chef vir die aand die kos voor ons voorberei. Hier maak hy 'n volkaan van die uieringe en natuurlik is almal se kameras uit vir die geleentheid.

Hier is hy besig met die prawns en Hibachi groente. Die ou is regtig kundig met daardie mes. Hy sny die prawns daar voor ons met groot fanfare. Dan word die "doppies" met allerhande toertjies in sy hoed, sak of iemand se water gebere.
Hier word die eier in die lug gegooi. Hy draai dan die lem van die mes en met die afkom word die dop middeldeur gekap sodat die eier op die plaat kan val. 'n Regte "don't do this at home" toertjie. Die eier is vir die eggfried rice.

Die steak word voorberei saam met die Japanese marshallows, soos hy die sampioene noem.


Dis Elriza se verjaarsdag en sy kry kans om chef te speel terwyl hy vir haar 'n verjaarsdag boodskap met sout op die plaat skryf. Sy het darem 'n suurlemoen aan die vurk voorberei of het sy dit net doodgemaak?


Klein Emily besluit basta met die stokkies of vurke, sy is seker die Japanese eet hulle rys so.
Na ete kom sing die chefs en kelnerinne vir Elriza. Ons vrouens is baie soet met die soetgoed en daai stukkie koek word in stukkies gesny en met almal gedeel. 'n Lekker afsluiting.


















Friday, June 29

Ons verf 'n storm los

Dis weer tyd om 'n bietjie van ons nuutste Kindergroep te vertel. Ons kry nog gereeld elke week 'n nuwe kind of twee by wat die Kinderkerk kom bywoon. Alhoewel dit nou 'n stil tyd is en baie van die mense huistoe gaan vir vakansie, is ons bywoning goed en ons begin reeds uitsien na September wanneer ons amptelik die jaar kan begin.



Hier is van die kinders besig met lofprysing. Nelmari is ver regs en langs haar Elriza.



Na die sang kry Elriza beurt om die "kerk" te hou. Sy swot vir pastoor en dis haar eerste ondervinding van 'n woelige kinderkerk.

Ons leer dat Jesus die storms stilmaak en 'n groot skare met 2 vissies en 5 brode gevoed het. Hier is Christiaan besig om 'n storm te verf.


Hierdie storm word mooi beplan en uitgewerk

Hierdie mannetjie het 'n storm losgeverf ... op die papier, die vloer en klere
Dis lekker om so met die verf te mors. 'n Groot brander in wording
Hierdie man het 'n boot geverf en die papier in die helfde gedeel, hy gaan nie sy storm deel nie.



Nelmari mors net so lekker saam


Hierdie meisie het met die see begin en op haar romp geeindig. Ons moes haar heeltemal afwas in die badkamer voor sy huis toe is.
Ons lessie, sang en kos is altyd deel van die tema. Hier gee Elriza vir elkeen ons eetgoed van die dag. 5 klein kaasbroodjies met 2 beskuitjie vissies.


Wednesday, June 27

Watse Engels is dit?

Net nadat ons hiernatoe gekom het, het ons ons elke keer wou breek oor die spelling van baie van die klein gat-in-die-muur winkeltjies. Hier is verskriklik baie ander nasionaliteite wie se Engelse uitspraak amper onverstaanbaar is. So het die kinders vinnig met 'n glimlag vertel hulle kan "Indies" praat en dan vir my vertel kwart voor vyf is "pive-porty-pive". Dis eintlik hoe die Filipyne praat want hulle kan glad nie oa 'n f sê nie. Maar met die tyd het die naamborde reggemaak gekom en alles was mooi Engels.


So toe ons in die week gaan koeldrank drink by die restaurant (dis nogal 'n fancy plek, kyk die uitsig) naby die haarsalon was ek aangenaam verras om te sien dat die eienaar die personeel die vryheid gegee het om self die spyskaart op te stel. Hier is 'n paar oulikes.





Enigeen vir 'n "toebroodjie wens"?

Of wat van 'n lekker "cocktali"
Seker die SAfrikaners sal vir die lekker "Lamp" gaan.

En dan moet 'n mens baie mooi luister watter "bilk" "pilk" hulle saam met die twee bedien. Warm of koud ...?

Ernstig dit hou ons darem in oefening om te sien of mens die foute kan raak sien. Dit bring ook 'n glimlag op die gesig in die hitte .... mens bestel sommer 'n cocktali.










Tuesday, June 26

Bobbejaan klim die boom ....

Wanneer William so eenkant staan met daai kyk, dan weet mens half en half hy beplan iets en ek het my kamera byderhand gehou



Wat is dit William .... waarnatoe is jy oppad?




Dit kan nie net die boom wees nie?!
Die verlee glimlag ... nou weet ek hier kom iets.
Hy mis die boomhuis in SA of die gym by die skool ....

Kyk ma net een arm

Duidelik geniet hy die boom!

Watter deel van die familie kom dit vandaan?

Bobbejaan klim die boom ....














James verjaar

Seun dis jou verjaarsdag vandag ... ons sou dit baie graag saam met jou wil deel. Weet jy sou ook liewer in Abu Dhabi se hitte wou wees as Bloemfontein se koue. Maar ons het pret gehad om deur al jou "ouer" foto's te kyk. Geniet die herinnering saam met ons .....

Jou eerste drankie in 'n kroeg in Upington. Daai koue Coke het lekker afgegaan in die hitte.

Jou eerste bestuur sonder lisensie op Ceres by die Dreyers.

Uitgevang ..... jou eerste skeer in!!!!

Onthou jy hoe jy "Tommie" geleer dril het? Jy en Will oefen jul saluut.


Ons trek Abu Dhabi toe en jy probeer baie "cool" lyk in die woestyn hitte.

Minder "cool" maar 'n lekker dutjie met Begeera
Die man is sterk, hyhou die trok met een vinger!!!
(Moet julle ouens nog van die trok vertel en wys)

'n Regte SA plakkershut met vlag en al langs Jebel Ali.

Ek kan nie eers begin om jou sportfoto's te plaas nie, so hier is 'n paar
OUES en goeie herinnering. Jy saam met die JV Volley Ball span

Die krieketspan wat julle self begin het - Regte Internastionale Straatkrieket in Abu Dhabi

'n Potjie golf in die woestyn

Meer onlangs, jy in Bloem besig om te "chat" of "swot" of musiek luister

Hoop jy het 'n baie spesiale dag vandag en dat die Nuwe Lewensjaar wat voorlê vir jou vol seeninge sal wees.

Lekker verjaar seun!!!

Ons is lief vir jou!!!

Mamma, Pappa, Nelmari, William, Begeera en Luie



Sunday, June 24

Afkoel in kookwater

Weens die hitte was ons lank laas by die see, maar die kinders wou met alle geweld gaan. Beste tyd nou tussen 10 - 12 en daarna wil jy nie alleen op die sand met die son wees nie. Asof die hitte nie teveel is nie, het hulle dadelik begin bal speel. (Mens kan sien die sport word ernstig gemis)


William vang die bal. ....... Dis nogal meer as wat Steyn in Saterdag se wedstryd kon doen. Ek moes lag vir Beeld en Rapport wat verlede week Steyn so opgehemel het - hulle noem dat ons die wedstryd verloor het toe Butch James af is, plaas dat hulle dit by die naam noem - ons het die wedstryd verloor die oomblik toe Steyn opkom en die balle begin misvang (of soos die TV ouens gesê het, sy oe van die bal afhaal - verskeie maal!!) en natuurlik sy skoppies wat so netjies in die All Blacks se hande was.



Die sand is WARM so ons loop maar ligvoet see toe. Dis laagwater so mens moet ver loop.

Kyk net hoe kalm en rustig is die water en dis die see ouens. Heeltemal 'n dooie see teenoor die Kaapse branders. William sukkel om sy oe in die skerp son oop te hou.
Natuurlik moes ek hierdie Arabier afneem in sy klere langs die strand besig met 'n besigheidsgesprek. Op die agtergrond die Marina Mall winkelsentrum en nuwe behuisingskompleks.
Net om te wys dat dit wel 'n oop see en nie 'n dam is nie, die bote op die agtergrond.
Nelmari vang bietjie op met die leeswerk. Omdat sy so baie lees en die skoolbiblioteek haar gebruik om boeke te proeflees, het sy 'n "perk" om boeke tydens die vakansie ook uit te neem. Die juffrou weet drie maande kan te lank word vir 'n opregte boekwurm.

Elriza ook verdiep ín 'n boek wat sy gedurende hierdie kuiertjie wil klaarmaak.

Die meisies gaan koel weer af in die warm water. Ek wens 'n foto kon die hitte van die water vir julle vasvat. Glo my dit is redelik warm en mens kom met sulke rooi wange uit.
Arina besluit om bietjie op te vang met die sonbrand gedeelte.
Die vier van hulle wat gaan swem het. Jinne maar het William 'n ernstige kyk of nie?