Showing posts with label Elriza. Show all posts
Showing posts with label Elriza. Show all posts

Friday, June 27

Verjaarsdag Dhow


Soos in baie jare vantevore, word James en Elriza se verjaarsdag saam gevier.

Page1

Baie jare terug toe hulle 21 geword het, het ons dit op 'n boot langs die Cornish gevier en vanjaar het ons gedink, dit sal dalkies weer 'n goeie idee wees.   
DSC_0022
Was baie lekker om William ook vir die aand saam met ons te he.  Hier wag die ou vir die ander om te kom.  
Page2

Vanaand was 'n vaste spyskaart, en die kos was baie smaaklik.  Baie tradisioneel van hierdie land en Lebanees. 
DSC_0069

Intussen is die dhow ook besig om langs die Cornish af te vaar en die groot vlag lyk mooi so in die lig.  
Page3
Na ete gaan sit die klompie buite en geniet die vaart.   
DSC_0099
Die verjaarsdag twee het dieselfde pose as 8 jaar terug,  net sonder die koek :-).   
DSC_0106

Die verjaarsdagman James en Leane na die tyd.  

DSC_0113
Die verjaarsdagmeisie en haar ma Charmaine en William.  
DSC_0110
Die jong klomp ... heerlike aand saam met hulle gewees!


Monday, June 23

High tee op vloer 74

Om na klomp jare in die land nog nuwe plekke te sien en ervaar bly 'n groot lekker en met Elriza se verjaarsdag wou die vroue iets nuuts probeer.  
Page1

Onder groot geheimhouding is die high tea op 'n baie hoe plek gereel en sy het nie eers 'n klein bietjie snuf in die neus gekry nie.  Toegegee ek moes oppad soontoe 'n paar wit leuentjies vertel, maar alles deel van die fun. 
Page2
Die tee en kuier saam met die jong klomp was lekker, maar ek het dit ook geniet om te sien hoe die dorp die laaste paar jaar verander en gegroei het.  Mens kan terugkyk en se "ooo daar was die Ladies Club" of "oooo daar het die kinders vlieer gevlieg jare terug" en nou is dit net 'n gewoel soos hulle nuwe plekke bou. 
Page4

Met al die water/see kan mens eintlik nou regtig sien dat Abu Dhabi die dorp op die eiland regtig omring is met water.  
Page5
En om te dink daai eiland waarop die groot mall gebou is, was destyds net see en dis mensgemaak.  
Page3
En intussen het die verjaarsdagmeisie dit baie geniet!   
DSC_0212
Die 74ste vloer en hoogste uitkykplek in Abu Dhabi, is beslis die beste plek om 'n high tea te hou.   Was baie lekker!

Sunday, June 17

Kinders speel toeris

Een van die goed van hierdie land is dat mens nooit kan dink jy het alles gesien nie, want byna daagliks voel dit vir my is daar iewers iets nuuts of 'n nuwe gebou wat opspring.  Dis lekker om die kinders by die huis te he en alhoewel Nelmari slegs Januarie weg is, was William meer as 'n jaar laas hier, dus is baie goed vir hom redelik nuut.  Ons het ook 'n nuwe predikantspaar wat in die hitte hier begin het en het ons sommer besluit om so van die water af te kyk wat het nuut bygekom ... en hopelik sal die seelug bietjie help vir die hitte ook.  (Ons somer begin nou eers en teen 10 uur toe ons met die rit begin het, was die lesing 41 grade C) 

DSC_0015

Oppad na die boot toe, mens wens eintlik jy kan 'n a/c met jou saamdra.
DSC_0042

Die Nasionale theater reg langs die water

DSC_0044

en langs die ou Heritage village

DSC_0051
Die een hoe gebou na die ander begin nou opspring - hierdie een met sy interessante onderkant, lyk soos 'n vuurpyl.

DSC_0053

Met ons aankoms in Abu Dhabi was Eddie se werk een van die hoe gebou in die dorp en 'n groot baken vir wanneer ons verdwaal het.  Nou staan die gebou (met die witbal op) skoon verdwerg teen die ander wat rondom gebou word.
DSC_0059

Die lug is baie duinserig op die oomblik (baie sand in die lug), maar jy kan nog steeds die mooi groen van die tuine sien

DSC_0075

Die groepie voor die ou Mina port - en ons kry nie warm nie, ons KRY WARM.
DSC_0085

Die ou het ook so 'n bietjie met die boot gespeel en ons moes vashou al wat ons kan.
DSC_0103

'n "ruimteboot" wat in die marina geland het :-)
DSC_0099

Die GROOT 7-ster Emirates Palace Hotel is skoon verdwerg agter die klomp geboue wat net agter dit gebou word.
DSC_0092

Lekker windverwaaide groep aan die einde. 

Ons sal heelwaarskynlik nog 'n paar watergoed in die hitte doen voordat die kinders moet terug na die lekker koue SA.

 


Tuesday, July 12

Lekker vuil hande

Om ses maande besig-te-bly gaan nie een van die maklikste dinge wees vir 'n net-klaar-met-skool-matriekulant nie. Gelukkig is daar 'n kort vakansietjie in SA voordat ons die besig bly moet aanpak tot einde Januarie volgende jaar wanneer die universiteite begin. En van dan af sal vakansies ook nie meer normaal wees nie, want dis sal rondom univ vakansies en visumstempeltjies binne ses maande moet plaasvind.


Maar een ding op 'n slag - so die tydjie voor vakansie moet iets gedoen word, en die meisies besluit hulle wil gaan pottery klasse doen.


DSC_0008


Die eerste les word daar baie tyd gespandeer aan hoe om die klei voor te berei.


DSC_0009


Dit lyk egter of hulle dit geniet. Lyk asof die "dominee" ernstig dink oor die proses, miskien gaan sy dit iewers in haar volgende preek inwerk :-).


DSC_0011 DSC_0012


Uitrol is net so belangrik ... kan ook help as mens weer verjaarsdagkoek wil bak, ne Nelmari?


DSC_0016DSC_0019


Nog 'n nuwe manier word geleer "coil".


Page1


Die hande en vingers word lekker vuil terwyl daar gespeel word.


Page2


Van die goedjies wat hulle reeds gemaak het wat natuurlik nog gebak moet word.


DSC_0069


Gister het hulle begin om te verf en dit lyk asof die kleurkeuse nie so 'n maklike besluit is nie.


DSC_0073


Na die vakansie sal daar nog 'n paar lesse wees en dan kan ons ook sommer sien hoe die eerste paar potte/bakkies/borde lyk. Altwee was dit eens, dat dit baie lekker is om so morsig kreatief te wees :-).


Geniet julle week!


Friday, July 1

Moord in die huis

Die jaar is regtig op sy einde hier, maar Junie is verjaarsdagmaand vir twee spesiale jongmense. Die "oudste" van die twee Elriza verjaar eerste en het haar "oorblywende" jongmense (dis nou die klomp wat nie alreeds in SA met vakansie is nie) genooi vir 'n Murder-partytjie.

Page1


Saterdag vroeg is die huis soos Casablanca ingerig en alles is rondgeskuif en verander sodat dit by die tema kan pas. Terwyl die meisies aantrek, het James reeds gesuit vir sy rol die "tent" gordyne probeer vasmaak.


Page2


En die jongklomp het almal saamgespeel en so mooi opgedress vir hul karakters.


DSC_0135

Nadat die inleiding gedoen en leidrade gegee is van die moord, het hulle voorgereg gehad.


Page6

En toe is daar ernstig deur die leidrade gewerk en die verdagtes is met vrae gepepper om te sien wie die skuldige oftewel die moordenaar is.


'n Kort breuk vir hoofgereg.


Page7


Daar was nou sommer 'n klomp verdagtes en hulle is deur die ander ondervra om te kyk wie eerste die skuldige kan uitwys.


Page8


Tyd om die kersies dood te blaas en vir die verjaarsdagmeisie te sing.


Page9


Nelmari het die koek vir haar gebak en sommer klomp komplimente gekry vir haar donkersjokolade koek.


DSC_0263


Nadat almal gese het wie hulle dink is die moordenaar het die speurder gese wie die skuldiges is en die een wat reggekies het, was die huilende, emosionele Pia Phedora (Jana).


Page10


Almal het toe kans gekry om te stem vir die karakter wat die beste aangetrek het. Derde plek het gegaan aan Edith Le Grandbutte (Leane), tweede was Otto von Pinkelwurst (Ewert) en eerste was weer Pia!


DSC_0277


'n Lekker aand van pret deur die klomp


Julle in SA geniet die koue en mag die beste span more wen!