Monday, June 18

Maaaaaaaa...................wat kan ek doen?

Is dit nie 'n bekende vakansie deuntjie nie? Dis amptelik skoolvakansie en somer in die UAE. Ek onthou die Desember skoolvakansies by die huis en hoe die kinders net na Kersfees die dae begin aftel het vir wanneer die skool weer begin. Hier omdat dit so warm is en die kinders nie kan skool toe gaan of sport in die hitte doen nie, sluit die skole hier vir die somermaande. Dis reg ... amper drie maande van aaneenlopende skoolvakansie. So die eerste week van die laaaaaaannnng vakansie het aangebreek en al klaar weet ons nie waarmee ons onsself kan besig hou nie. Sommige sal vra hoekom kom julle dan nie SA toe nie, maar om vir die tydperk met reen en koue ingehok te wees is ook nie my idee van pret nie. Kry die prentjie .... ma ek ken niemand nie wat kan ons doen, ma waarheen kan ons gaan, ens. ens. Ek sal darem ook tydens die vakansie by my pelle in Pretoria wil kuier - het half al my pelle in Kaapstad ontgroei. Maar die begin van volgende jaar is daar soveel kere wat ons in SA moet wees, dat dit heelwaarskynlik die tyd sal wees wat ons weer bietjie huis toe kom. Maar my storie gaan eintlik oor die kinders met die somervakansie.
Nelmari geniet deesdae om bietjie naaldwerk te doen en sy is ernstig besig om vir almal kussinkies van 'n klomp orige materiaal te maak.

Ek is nie seker of sy met daardie opgerolde bol gekoekte gare iets gaan uitrig nie.
Haar eie kussinkie vir voor die TV lĂȘ.
Klein Emily het 'n doe-doe kussing gekry en Charmaine 'n vlieg kussinkie.
Hier is haar son op die oefening lap. Nie seker hoe lank die stokperdjie haar gaan besig hou nie, die somer is nog lank.




No comments: