Saturday, June 2

Voorbereiding vir die eksamen

Met William klaar is dit James en Nelmari wat moet eksamen. James kan ek ongelukkig nie dophou daar in Bloem nie, kan net vertrou dat hy wel hard leer, maar Nelmari is 'n ander saak. Toe sy dus vra of Minri kan oorkom vir ons "Vrydagaand" (wat regtig eintlik Donderdag is) sodat hulle saam kan studeer was die antwoord ja.



Ons gaan gou eet en dan dadelik begin leer vertel hulle my toe hul van skool afkom. Twee uur later gaan ek loer hoekom gaan die "leer" met soveel lag gepaard en wat sal ek sien? .... 'n Ernstige Pictionary game aan die gang.



Die twee skoolverlaters speel saam. Hier tik William die uurglas dat die tyd moet gouer verbygaan. Ja, nee, hy sal nog leer mens wens nie die tyd verby nie.


William en Selina hou angstig dop of die ander twee gaan reg raai.
Maar nee hulle kan nie die woord ....verduidelik nie. Nou is dit julle beurt.


William teken en Selina moet raai - die woord is .....
Intussen wonder ek oor die studies. Spoor die boek in die kombuis op ... hard aan die leer so by homself.
Nog twee uur later klink dit stiller en ek gaan soek na die studente. Kry hulle in TV kamer hard besig om Cludo te speel.
Ons is klaar geleer ma, tannie moet ek hoor. Moet hulle maar glo want ek het die bewyse op kamera.




No comments: