Saturday, June 23

Oplossing vir die hitte?

Dubai se oplossing vir die warm somer maande is die nuwe ChillOut Bar wat gisteraand oopgemaak het. Hulle sê dat daar geen beter manier is om die hitte te ontduik as 'n besoek aan die nuwe plek nie.



Bykans alles in die bar is van ys gemaak. Die banke waarop gesit word, die tafels waarvan geeet word, die borde waaruit geeet word en die glase waaruit gedrink word. Toegang is 60dhs wat 'n nie-alkohol drankie en warm baadjie, handskoene en stewels huur insluit.



Die restaurant bestaan uit drie dele. Die "lobby" en "lounge" area wat geskei word deur die "Buffer Zone". Wanneer jy in die "lobby" kom word jy toegerus met 'n parka baadjie, weggooibare handskoene en skoene om jou teen die koue te beskerm.




Die temperatuur van die restaurant is -6 grade. Mense word aangeraai om slegs tussen 30 - 40 minute hier te spandeer.


Die spyskaart sal bestaan uit koue vleise, kase, sappe, roomys en nie-alkohol drankies. Daar is plek vir 40 gaste. Die stoele het kussings op en indien dit te koud raak kan skaapvel kombersies aangevra word om te help om die koue te beveg.
Hier is een van die versierings in die restaurant.
Lekker koud en vir 30 - 40 minute 'n oplossing vir die hitte!







No comments: