Wednesday, January 1
Oujaar by die see
Laaste dag van die 2013 jaar en ons kry bietjie kans om saam met Lara by die see te wees.
Die juffrou geniet dit om in die sand te sit en die son.
Dis 'n heerlike "herfs" dag en almal ontspan lekker. Nelmari en Elriza gebruik ook die kans om bietjie te kayak.
Ai en die sand tussen mens se vingers is soooooo lekker.
Hoe kan mens dan nou nie gelukkig wees met almal se aandag en liefde nie .... mens raak sommer verspot
:-).
So geseend dat ek kan sien hoe Lara al die nuwe goedjies ervaar en geniet!
Tuesday, June 15
Hittige afkoel
Die sommer is regtig met ons en dis lekker warm. As mens so verby die see ry dan lyk die blou water ernstig na 'n uitnodiging en dit help nie mens se vir die kinders dis te warm om af te koel nie. Na ernstige besprekings besluit hulle om baie vroeg in die oggend te gaan en net vir twee uur te bly.
Nadat die strand ontwikkel is, en weer afgebreek is en weer ontwikkel is, is daar nog heelwat werk aan die gang toe ek hulle aflaai met 'n sien julle oor twee uur groet.
Verskillende gesigsuitdrukkings in die water, maar ek kan vir 'n feit se dis nie omdat die water koud is nie :-). Hierdie tyd van die jaar is die water temp gewoonlik in die laat 20's en voel dit amper soos badwater met sout. Kyk ook na die branders van die see .... :-).
Nelmari wat waarneem as mini-mamaratzi neem vir William af .... wat is onder jou voete seun?
Oooo wat is dit ... 'n skulp of klippie. Lyk asof Leane dink dis laasgenoemde want sy wil amper opgewonde raak.
Ek het nie eers twee uur in die winkels gehad nie voordat my foon lui om te se hulle is nou klaar geswem dankie dis baie warm.
Geniet julle bibber weer by die huis!
Wednesday, April 28
Huis en kinders
Die laaste paar weke het dit darem dol gegaan en ongelukkig 'n vakansie by die huis waarna ons uitgesien het, moes uitgestel word. Natuurlik was ons klein bietjie suur vir almal wat langs die SA waters kon wees en het ons hard probeer opmaak met die plaaslike dooie see.
Oppad terug van die see het ons darem so 'n bietjie SA gehad met 'n besoek aan die eerste Spur hier in die UAE. Ok ek weet baie mense is nie noodwendig mal oor die spur nie, en dis beslis nie 'n plek vir fancy eet nie dis 'n gesinsrestaurant, maar as jy nie naby een is nie, is 'n Spurbesoek iets baie spesiaal.
As mens mooi konsentreer, dan kan mens amper dink jy's by die huis .... Alles lyk baie dieselfde, selfs die spyskaarte ..... maar en dis 'n groot MAAR van Nelmari, hulle het nie cream soda nie.
Nog iets wat ons nog meer laat huistoe verlang het, was 'n besoek aan die sirkus. As mens so gekyk het na die klein en groot kinders se opgewondenheid om by die sirkus te wees dan weet jy al het daai ou net Arabies gepraat, maak dit nie saak nie. (terloops al die aankondigings was in Arabies).
Klein ring en net leeus en slange en mens verlang na die sirkus toe ons kinders was. Was dit soveel groter of was ons net soveel kleiner?
Terwyl ons hiermee besig was, het William in die Kaap gekuier en Monica rondgewys. Ai dis mos hoe 'n see moet lyk en ruik. Hier soek die twee see diere in die poel
en dis wat die ou met sy waterkamera afgeneem het.
Daar is ook ernstig in die Kaap gekuier en rondgewys. Is dit nie een van die mooiste berge ter wereld nie?
Mens kan sien julle het die kuiertjie geniet seun en jou kamera, nou dat dit weer 'n battery het neem mooi foto's :-) (jy moet nou nie soos tannie Ronelle raak en die battery pap hou nie ok)
Friday, October 5
Seuns op Vorie kamp
Hier is ons die oggend al op Drie Susters na die aand se 12h00 opklim. Dit was nie ‘n slegte rit sover nie maar mens sukkel maar om goed te slaap. Daar is mos altyd mense voor jou wat hul stoele verder as nodig afslaan. Op hierdie stadium het ek maar net die vetplante besigtig en biejie vars lug geskep voor die res van die rit.
Darem nou al tot Laingsburg gevorder en iets sê vir my hier was ek maar moeg van bus ry. Darem was dit afdraend van hier af en WAS ONS AL AMPER 2 URE AGTER SKEDULE!
Kom toe uiteindelik meer wakker by die kamp terrein aan die aand. Was maar te bly om van Bloemfontein se hitte te ontsnap en die koue van Betties Baai het nie te veel gepla nie.
Met die eerste naweek van die kamp net vir toetsing het ek en William maar ‘n rustige begin gehad. Kon gaan stap by die see, en net weer so bietjie in die hele ‘kamp’ ding se roetine inkom.
Toe die toetsing uiteindelik verby is kon die sports begin en hier is Oom Jan besig om ernstig iets te verduidelik. Natuurlik was dit ‘n Seekamp gewees so als van die branders tot strand plante moes verduidelik word.
Maar tussen in kon ons darem ook lui wees. Hier met ‘n stap langs die strand af vind die kinders uit hoe sag die bossies is. Net reg vir ‘n middag slapie terwyl die res van die groep opvang.
Ek moes toe ook die lesing wat ek en William moes doen oor branders en getye aanbied, maar ek dink nie William het iets geleer nie want hy was maar min byderhand.(Darem was hy daar om die foto's te neem seun) Met ‘n paar praktiese voorbeelde dink ek het van die kinders bietjie verstaan hoe die see werk.
Op een van die dae is ons af na die Harold Porter Botaniese Tuin, en die klomp verskillende plante was nogal opvallend. Ek dink die man was baie gelukkig om so tuin te he vir ‘n privaat tuin voor dit ‘n publieke tuin gemaak is..jpg)
Ons is ook af na Stoney Point waar die pikkewyne met hul happy feet broei. Hier is ‘n baie mooi foto van die ou hawe wat oorspronklik ‘n walvis dorpie was met ‘n ou boot wat al vir hoe lank gestrand le in die hawe.
Van die manne was nogal heel nuskierig vir die mense wat na hul kyk en het lekker saam gespeel vir al die fotos.
William was darem heel uitgerus die heel naweek en het die laaste paar dae sommer net met oom Jan se hoed rond geloop. Ek dink hy het dit ook darem geniet.
Dit maak natuurlik dat oom Jan moes ander maniere kry om sy kop warm te hou.Nog foto’s sal volg later met nog so groep fototjie of twee. Maar in die algeheel kan ek nou se ons het ‘n lekker week op die kamp gehad en sal beslis volgende jaar terug kom om weer in die sports te kom deel.
Saturday, September 29
Ons durf die woeste see aan



Terwyl ons "swem" kry die motors kans om bietjie op te vang oor die nuuste skindernuus op die motorfront. Daarvan vertel ek binnekort ....
In 'n land waar bome (behalwe palms) skaars is, vat hierdie een sy kans om by die groot dam te groei. Ek weet net nie van al die sout nie.
Die son begin ondergaan en meer mense kom koel af na die hitte
Einde van nog 'n dag. Mense hang maar nog 'n bietjie in die lou water, want hulle weet klim jy uit wag die humiditeit.... Thursday, September 13
See en weer op Onrus
Oom Jan merk iets in die water op

Daar's die stert
Die kop kom op vir lug

Wolke aan die saampak
Dis mooi

"Geen honde op strand toegelaat" so hy staan maar daar vir 'n foto
Tuesday, June 26
Bobbejaan klim die boom ....


Dit kan nie net die boom wees nie?!
Die verlee glimlag ... nou weet ek hier kom iets.
Hy mis die boomhuis in SA of die gym by die skool ....

Duidelik geniet hy die boom!
Watter deel van die familie kom dit vandaan?
Bobbejaan klim die boom ....