Tuesday, June 12

Nuwe uitbreiding

William en Arina het verlede naweek by 'n nuwe uitbreiding in Abu Dhabi, Mangrove Village gaan swem. Kyk bietjie hoe lyk die ontspanningsgeriewe - hulle het ongelukkig geen foto's van die villas geneem nie.
Hier is die ou langs die swembad afgeneem. Agter hom is deel van die "recreation centre".Hierdie kompleks is teenaand die see gebou en bestaan uit 4 en 5 slaapkamer villas met elkeen hulle eie private swembad, ontwerpers tuine en toegang tot hul private strand. (Dis nou volgens die ontwikkelaars) Hierdie is die gemeenskap swembad
Die kompleks lĂȘ ook groot klem op sport en ontspanning en is daar 'n groot sentrum gebou waar daar onder andere 'n groot gym, kinderdagsorg sentrum en restaurant in gelee is.
Tennis- en basketbalbane is ook opgerig vir die inwoners
By die kinder speelarea is daar ook 'n groot swembad vir hulleDie binnehuise swembad by die gym. Daar is ook 'n ten volle toegeruste Marina vir alle watersporte en bote vir die gebruik van die inwoners.

2 comments:

Anonymous said...

Dankie tog dis ni weer fotos van william in n speedo ni! en ek verstaan nog ni lekker hoe hul by privaat plekke kan gan swem ni.

Sandra said...

Dis kontakte en wasta seun