Wednesday, June 27

Watse Engels is dit?

Net nadat ons hiernatoe gekom het, het ons ons elke keer wou breek oor die spelling van baie van die klein gat-in-die-muur winkeltjies. Hier is verskriklik baie ander nasionaliteite wie se Engelse uitspraak amper onverstaanbaar is. So het die kinders vinnig met 'n glimlag vertel hulle kan "Indies" praat en dan vir my vertel kwart voor vyf is "pive-porty-pive". Dis eintlik hoe die Filipyne praat want hulle kan glad nie oa 'n f sĂȘ nie. Maar met die tyd het die naamborde reggemaak gekom en alles was mooi Engels.


So toe ons in die week gaan koeldrank drink by die restaurant (dis nogal 'n fancy plek, kyk die uitsig) naby die haarsalon was ek aangenaam verras om te sien dat die eienaar die personeel die vryheid gegee het om self die spyskaart op te stel. Hier is 'n paar oulikes.





Enigeen vir 'n "toebroodjie wens"?

Of wat van 'n lekker "cocktali"
Seker die SAfrikaners sal vir die lekker "Lamp" gaan.

En dan moet 'n mens baie mooi luister watter "bilk" "pilk" hulle saam met die twee bedien. Warm of koud ...?

Ernstig dit hou ons darem in oefening om te sien of mens die foute kan raak sien. Dit bring ook 'n glimlag op die gesig in die hitte .... mens bestel sommer 'n cocktali.










No comments: