Tuesday, June 19

Aand humiditeit

William en Arina het so 'n paar aande terug by die Cornish gaan stap en die volgende foto's geneem, wat ek met julle wil deel. Om foto's hierdie tyd van die jaar buite te neem is nogal 'n groot ding want die humiditeit is baie hoog, meer as 90% en alles stoom en wasem toe, so ook die kameralens.
Vroegaand ....die liggies is al almal aan. Die foto's is van 'n uitkyktoring in die parkie geneem. Die blou/grys gebou is die Bayniah towers en was vir lank die hoogste gebou in Abu Dhabi.
Na die anderkant toe. Die nie te hoe groen woonstel gebou is waar ons gunsteling supermark Abela's is. Hier kan mens darem in 'n klein vertrekkie varkspek en ribbetjies van die huis af koop. Weens die hitte nie te baie mense wat piekniek hou nie.

Dis nou donker en julle kan sien wat die humiditeit met die kamera maak.

Arina staan en uitkyk vanaf die toring. Die gebou met die liggies is een van die nuwes langs die Cornish en in die vorm van 'n "brander" gebou.
Dieselfde foto as die eerste een .... net met minder daglig en meer hitte.










No comments: