Friday, June 1

'n Nuwe mall - lekker ...net om die hoek

Ek en William het vandag na die "soft-opening" van die nuwe Al Wahda mall gaan kyk. Net so 80% van die winkels is oop, maar ek kan sommer sien dat dit 'n lekker Saterdag shop gaan wees. Dis naby, het parkeerplek en ons gunsteling koffiewinkel.


'n Hele drieverdiepings van nuwe winkels!!




Ek het nie heeltemal met hierdie foto geslaag nie ... dis die food court met Pizza Hut, KFC en Burger King op die agtergrond. Dis op die derde verdieping.





Oor hierdie plek was ons baie opgewonde. Ons "favorite" koffiewinkel, Galler (Le Chocholate). Sal julle nog prentjies oor hulle kosse moet wys. Die lekkerste sjokolade drankies, en ook 'n spesiale "toer" oor die ontstaan van sjokolade. Jy kry klein koppies met verskillende geure van verskillende tydperke en moet dan die geure proe... baie lekker!!! Jy kan selfs as jy wil, sjokolade sop kry (het dit nog self nie probeer nie). En nou .... lekker naby die huis.



Van die winkels. James dit het ongelukkig uitgesny maar spesiaal vir jou drie sportwinkels, Adidas, Nike en Olympus (dink ek).
Nog winkels en reg bo die bowling alley wat nog moet oopmaak. Al die vorige kuiermense en spesifiek die shoppers, ek sal nie name noem nie, die winkelsentrums het nou baie vermeerder so wanneer kom julle kyk?

No comments: