Thursday, June 21

Ons koel 'n bietjie af

Twee uur op die ysskaatsbaan kan help om die hitte bietjie te verlig en dit is wat ons gaan doen het en in die proses lekker pret ook gehad.Elriza wat by haar ma kom kuier het, het saamgegaan. Hier is sy en William besig om hulle skaatse aan te trek.
Dis heerlik koel, kyk net hoe koud is dit op die foto. Nelmari besig om die koue te geniet.



Elriza gil wanneer William haar op die stoel vinnig stoot.
William is al oulik hy sms selfs wanneer hy skaats. Wonder wie kry daai sms ......?


Nelmari se beurt om deur William gestoot te word. Lyk asof sy dit geniet.
Kyk ma .... geen hande. Bietjie bewerig maar Elriza staan alleen op die ys, sonder stoel of reelings.
Die stoel werk beter besluit sy en dis Nelmari se beurt om die stoel te stoot.
Dis amper die einde van hul twee uur sessie en daar kom die val waarvoor die fotograaf wag. Dis darem nie so sleg as mens met 'n glimlag val nie.En daar gaan Nelmari ook van die stoel af .....
En sy doen dit behoorlik. Die stoel is ín been-af ..... Dit was lekker en ons kon selfs die koue gebruik om 'n bietjie warm sjokolade te drink wat nie baie hier gebeur nie.









No comments: