Saturday, June 2

Die DHOW storie voor die storie

Ek was nog nooit iemand vir min woorde nie ... so om vir julle van die Dhow resies die naweek te vertel het ek 'n hele storie voor die tyd nodig .... vir so 'n bietjie agtergrond. Kom ek wys julle hoe lyk die Dhow skeepswerf in Abu Dhabi.

Die pad na die werf loop oor 'n "see-vinger" waar ou, en klein bootjies rustig vasgemeer lê. Doer op die agtergrond is die Diwan paleis. Daar word tans aangebouing gedoen. Omtrent die grootte van twee woonstelblokke aan elke vleuel.


Goed dit was 'n bietjie afdwaal. Om terug te kom na die dhows (houtbote) toe. Hier lê twee van die "sport modelle" nog op hulle trailertjie. Wonder of hulle deelgeneem het aan die resies wat ek more van gaan vertel.
William is natuurlik tans skool-loos en werk-loos en dit maak my kar-loos. So om foto's te gaan neem het ek 'n drywer. Hier staan hy voor die dhow skeepswerf.
ALLES op hierdie boot word van hout gemaak. Die palmbome in die dorp is nie eintlik geskik vir bootbou nie so die hout word ingevoer. Voor is klaargesnyde hout en op die agtergrond links sal julle selfs ingevoerde boomstompe sien.
Hier word die houtplanke opgesny en geskaaf vir gebruik om die boot te bou.
Kyk net die hoop saagsels. Hier is baie slaapplek vir hamsters.




Die manne onder die afdak besig om met 'n nuwe boot te begin. Kyk aan die linkerkant is die geraamte van nog 'n nuwe een.
Hierdie een het al bietjie verder gevorder.

Alles word ook met die hand gedoen. Die eienaars kom gereeld met hulle groot 4x4's die skeepswerf binnegery om te kyk hoe die boot vorder. Vir sommige is die boot ook deel van sy rykdom.

As hierdie boot eendag groot is, gaan dit 'n resiesboot wees. Mens kan dit aan sy vorm sien. Langs hom is een wat pas klaargemaak is en reeds 'n nr. 45 op het.

Hierdie boot gaan defnitief nie resies jaag nie, soos julle sal sien aan sy bou.
Klaar en onder die "afdak" wag vir eienaar se goedkeuring.



More vertel ek julle van die jaarlikse resies met die bote wat verlede naweek gehou is en waarvan die wentjek Dhs6 miljoen was. (Kan julle sien hoekom dit as deel van hulle rykdom getel word?)























No comments: