Monday, June 4

Ou UAE tradisie

Met die vinnige ontwikkeling van die UAE is daar 'n groot risiko dat sommige van die tradisies van die land verlore sal gaan. Een van die dinge wat egter nog voortgaan is die Sir Bu Naair dhow resies wat elke jaar gehou word. So 15 jaar terug is hierdie tradisie weer met 12 dhows begin.

Bote maak gereed vir die resies
Vroeer jare na die perelduik-seisoen, wat gedurende September - Mei was, het die duikers na die Sir Bu Naair eiland gegaan om hulle "vangs" skoon te maak en gereed te kry vir die mark in Dubai. Sodra die leiersboot die teken gee het die dhows so vinnig moontlik Dubai toe geseil en so het die resies ontstaan.

Die begin van die resies

Met die oliefonds het die perelduik opgedroog en so ook hierdie tradisie. Sheikh Hamdan Bin Rashid Al Maktoum het hierdie tradisie weer teruggebring en sedert 1991 het die resies gegroei van 20 dhows tot vanjaar oor die 100 dhows wat die wedren van Sir Bu Naair na Dubai aangedurf het. Enige boot kan nie deelneem nie, dit met 'n replika van die ou perelduik bote wees en 60vt. Die "hull" of "haikal" moet van teak wood wees en geen veselglas word toegelaat nie. Dit mag slegs met varnish "geverf" word. Wat die ""mast" of "al dhagal" betref is hulle minder streng. Kunsmatige materiaal en hout mag gebruik word. (Ek het gister gewys hoe hulle gemaak word)


Die vaart aan die gang
Selfs gekleurde seile word toegelaat, maar die meeste van hulle bly by die tradisionele wit. Die prys vir die wenner beloop Dhs6 miljoen (2 meer as verlede jaar). Die koste om aan hierdie resies deel te neem is ook hoog, want 'n tradisionele dhow kan in die omgewing van Dhs300,000 kos en die eienaars betaal dit self.

Die einde van die wedvaart is in sig!

No comments: