Thursday, June 7

Lekker bang

As meisies saamkuier en besluit om "When a stranger calls" te kyk, dan kry mens bang mense en doodbang mense.





So tien meisies het verlede naweek by Olivereen gekuier vir haar vroee verjaarsdagpartytjie. Hulle het gepizza en gefliek. Hulle eerste fliek was die bangmaak ene. Hier klou Nelmari die kussing vas en die ander twee is redelik vasgenael voor die prent.





Iets gebeur en Nelmari is dood verbaas, stomgeslaan of doodgeskrik, oordeel maar self.


Daar is nie foto's van die tweede fliek en pizza eet nie, blykbaar was daar teveel trane vir die "huil fliek". Kan net noem dat Nelmari en Minri die aand by die huis nie eers die trappe alleen wou klim nie.

No comments: