Saturday, June 9

"Prom" aand

Gisteraand was die Graad 12's se prom en uit die aard van die saak kan ek nie veel daarvan vertel, slegs vir julle 'n paar "before" en "after" foto's wys.

Die man gereed vir die aand
Was maklik om vir hom klere te kry, hemde uit, vests in

Selena en William gereed vir die Prom

Jinne kyk daai haarstyl. Dis iets waaroor sy kinders eendag gaan lag.

Die funksie is by die Beach Rotana Hotel gehou.

William en Nadir. Die man se gesiguitdrukking is altyd dieselfde.

William neem 'n foto van hom en Steven met die telefoon.

Die einde van die funksie vir Andre en Elliot.

Ek hoop om darem op 'n stadium ander foto's ook van die prom te sien dat ek kan wys

No comments: