Saturday, June 16

Tafelberg & vark in Abu Dhabi

Julle wat weet van die UAE en die Moslems sal weet dat vark hier heeltemal taboe is. Selfs in die kinders se skoolboeke mag hulle nie van varke lees nie. Een jaar moes ons 'n baie oulike boek vir die pre-school se varkies rokkies en hoede teken sodat die kindertjies nie kon sien dit is varkies nie. Ons wou die boeke gebruik omdat dit 'n baie goeie "spelboek" was.



Maar gelukkig is daar 'n Duitse restaurant in die dorp, die Brauhaus waar mens heerlike schnitzels, eisbein en sulke goed kan eet. (Daar is ook twee supermarkte waar mens vark produkte kan koop - hulle is heeltemal apart van die winkel met 'n groot bordjie wat sê "Geen Moslems word toegelaat - vark produkte".) Hier is William besig om na die Brauhaus se nuwe spyskaart te kyk en wat sal ons sien?Tafelberg op die voorkant van die spyskaart - Hoekom? Geen idee nie en ons weet dis ons berg want waar anders kry jy daai mooi prentjie?
Nelmari moet besluit watter broodjie sy wil hê.
William het gegaan vir hulle vleisbord met klompe soorte varkvleis op.
Eddie eet van die Duitse buffet.
James hierdie is jou vraag .... wat drink William hier?
Maaaaaaaa..................... is dit nodig om 'n foto te neem waar ek hap???
Alhoewel dit nie my gunsteling restaurant is nie (maar ek geniet hulle kos) is dit Eddie s'n en miskien is die bier die rede, het ons almal 'n lekker ete gehad.










No comments: