Monday, December 31

Woestyn Pret

Een van die dinge wat 'n groot aantrekkingskrag vir besoekers in die UAE het, is die woestyn .... Met ons koms 'n klompie jare terug was die woestyn baie nader aan die dorp as vroeer, en nou moet mens nogals 'n klompe km ry om dit te kry. Naweke is 'n gewilde tydperk vir mense om hulle 4x4's te neem en in die woestyn te gaan rondry. Toeriste maak gewoonlik gebruik van 'n georganiseerde toergroep om hulle woestyn in te neem. So vir William was so 'n uitstappie 'n hele nuwe ervaring.
'n Paar van die 4x4's jaag oor die duine. Die een is redelik hoog bo-op die duin.
Die groep wat op die toer gegaan het vat 'n breuk

'n Paar huise anderkant die duin

Het jy vir ons mooi foto's geneem Elise?
Hier dúrf hulle 'n groter duin aan. Ongelukkig het die foto's waar Manie, Elise en Arina groot oe maak (kan van bangheid wees) nie duidelik uitgekom nie.
Dan is dit tyd vir "sandboarding" en ek's seker William is in sy element
Hier gaan hy ....
Wonder het hy na hierdie toertjie "af geval of nie"

Die Kruis gesin saam met wie hy gegaan het

Arina gereed om dit ook te probeer
Daar gaan Elma ook ....
En natuurlik William weer

Die einde van die dag en Arina skud die sand uit haar skoene

William het darem sy skoene voor die deur gelos toe hy vanoggend huis toe gekom het.

1 comment:

Anonymous said...

Hi Sandra en fam

Ons is so dankbaar vir jou blog wat jy hier op het, mens het amper nie eers die net nodig om navorsing te doen oor die land nie, en dan laat julle dit so lekker lyk. Ons sien baie daarna uit om in die selfde pert deel teneem wat jy fotos stories van vertel.
Groete Mariette, (van Siegfried)