Met die vakansietyd was dit so lekker om die kinders gereeld by die huis te sien. Die diere en veral Elsie het dit net so geniet om met haar mense sussie en boetie te kuier.
Daar was baie speel, drukkies en lag.
Die dag wat Nelmari moes terugvlieg kon mens sien dat Elsie presies geweet het, dis nou groet tyd want daai plooie kan ook hartseer lyk.
Maar gelukkig het 'n ander maatjie kom kuier en behalwe dat sy sommer sy klere wil aantrek ...
Kuier sy lekker want "boetie" William krap lekker magie en gee aandag.
Die huis kan maar stilraak wanneer die kinders weg is, maar die "lee-nes-elsie" hou mens besig en aan die gang - net soos die kinders altyd gedoen het :-).
Showing posts with label Elise. Show all posts
Showing posts with label Elise. Show all posts
Wednesday, January 15
Monday, December 31
Woestyn Pret
Een van die dinge wat 'n groot aantrekkingskrag vir besoekers in die UAE het, is die woestyn .... Met ons koms 'n klompie jare terug was die woestyn baie nader aan die dorp as vroeer, en nou moet mens nogals 'n klompe km ry om dit te kry. Naweke is 'n gewilde tydperk vir mense om hulle 4x4's te neem en in die woestyn te gaan rondry. Toeriste maak gewoonlik gebruik van 'n georganiseerde toergroep om hulle woestyn in te neem. So vir William was so 'n uitstappie 'n hele nuwe ervaring.
'n Paar van die 4x4's jaag oor die duine. Die een is redelik hoog bo-op die duin.
Die groep wat op die toer gegaan het vat 'n breuk
'n Paar huise anderkant die duin
Het jy vir ons mooi foto's geneem Elise?
Hier dúrf hulle 'n groter duin aan. Ongelukkig het die foto's waar Manie, Elise en Arina groot oe maak (kan van bangheid wees) nie duidelik uitgekom nie.
Dan is dit tyd vir "sandboarding" en ek's seker William is in sy element
Hier gaan hy ....
Wonder het hy na hierdie toertjie "af geval of nie"
Die Kruis gesin saam met wie hy gegaan het
Labels:
Arina,
Burj Dubai,
Elise,
sandboarding,
sandduine,
UAE,
William
Monday, October 1
Olke bolke ....
Die vrouens wil bietjie handwerk en Elise bied aan om vir ons te leer. Sy noem allerhande opsies en ek bly maar stil, laat die jonger mense besluit wat en hoe .... Eintlik besluit hulle op sakke vir die groep waarop ons servette gaan stryk. Ok nou onmiddelik het ek 'n prentjie in my kop en vir geen oomblik kan ek dink dat dit "kuns" en "handwerk" is om 'n servet op 'n sak te stryk nie. Gisteraand daag ons toe by haar op vir die "klas", ek met 'n groot vraagteken in my kop.

Elise het alles mooi uitgepak en sy verduidelik wat elke ding is en wat ons daarmee gaan maak.

Ons moet vir ons 'n servet uitsoek om op die sak te sit. Jinne en het sy 'n verskeidenheid. Amelia en Charmaine het vreeslik gewonder watter een om te kies.
Nelmari en Corinna redelik seker wat hulle wil doen al het Corinna ons "getreat" met 'n sangnommertjie
Die prentjie moet aan die gom vasgestryk word en Elise verduidelik vir Amelia
Iets wat ek nie elke dag sien nie, Nelmarie met 'n yster (ons het 'n strykman wat ons klere stryk). Hier stryk sy haar prentjie vas.

Iets wat ek nie elke dag sien nie, Nelmarie met 'n yster (ons het 'n strykman wat ons klere stryk). Hier stryk sy haar prentjie vas.
Sy werk aan haar prentjie se raam.
Orals ewe ver van mekaar af verf Amelia haar raampies en sy is doodstil.
Corinna ook hardbesig met haar raam.
Ek werk darem tussen-in aan my prentjie ook terwyl ek foto's neem
Charmaine konsentreer hard met die ligblou verf
Hier is haar eindproduk, muise om die teetafel
Myne kom ook klaar....bont koeie
Corinna se rustige klassieke werk
Nelmari se vrolike feetjies
Amelia se kleurvolle blom
Met ons sakke reg vir shopping .... of is dit rugby wat nou-nou begin?Dankie Elise ons het dit almal verskriklik baie geniet. Ek dink elkeen se sak vertel sy eie storie en ons wag om volgende Sondag jou beertjiesak te sien! Die vrouens wat vanaand nie kon kom nie, julle het ernstig uitgemis.
Subscribe to:
Posts (Atom)



