

Van die dames besig met hulle Benihana Slaai. Hulle was regtig oulik met die "pick-up-sticks". Wat julle nie sien nie, is dat ek nog die tradisionele vurk verkies.

Die plaat is waar ons chef vir die aand die kos voor ons voorberei. Hier maak hy 'n volkaan van die uieringe en natuurlik is almal se kameras uit vir die geleentheid.
 Hier is hy besig met die prawns en Hibachi groente. Die ou is regtig kundig met daardie mes. Hy sny die prawns daar voor ons met groot fanfare. Dan word die "doppies" met allerhande toertjies in sy hoed, sak of iemand se water gebere.
Hier is hy besig met die prawns en Hibachi groente. Die ou is regtig kundig met daardie mes. Hy sny die prawns daar voor ons met groot fanfare. Dan word die "doppies" met allerhande toertjies in sy hoed, sak of iemand se water gebere. Hier word die eier in die lug gegooi. Hy draai dan die lem van die mes en met die afkom word die dop middeldeur gekap sodat die eier op die plaat kan val. 'n Regte "don't do this at home" toertjie. Die eier is vir die eggfried rice.
Hier word die eier in die lug gegooi. Hy draai dan die lem van die mes en met die afkom word die dop middeldeur gekap sodat die eier op die plaat kan val. 'n Regte "don't do this at home" toertjie. Die eier is vir die eggfried rice.
Die steak word voorberei saam met die Japanese marshallows, soos hy die sampioene noem.
 Dis Elriza se verjaarsdag en sy kry kans om chef te speel terwyl hy vir haar 'n verjaarsdag boodskap met sout op die plaat skryf. Sy het darem 'n suurlemoen aan die vurk voorberei of het sy dit net doodgemaak?
Dis Elriza se verjaarsdag en sy kry kans om chef te speel terwyl hy vir haar 'n verjaarsdag boodskap met sout op die plaat skryf. Sy het darem 'n suurlemoen aan die vurk voorberei of het sy dit net doodgemaak? Klein Emily besluit basta met die stokkies of vurke, sy is seker die Japanese eet hulle rys so.
Klein Emily besluit basta met die stokkies of vurke, sy is seker die Japanese eet hulle rys so. Na ete kom sing die chefs en kelnerinne vir Elriza. Ons vrouens is baie soet met die soetgoed en daai stukkie koek word in stukkies gesny en met almal gedeel. 'n Lekker afsluiting.
Na ete kom sing die chefs en kelnerinne vir Elriza. Ons vrouens is baie soet met die soetgoed en daai stukkie koek word in stukkies gesny en met almal gedeel. 'n Lekker afsluiting. 
 


 
 


















 
  
  
  
 

















