En alhoewel dit alles dieselfde klink, beteken al drie ietsie anders. Die euwel van 'n wii het so 'n tydjie terug in ons huis sy verskyning gemaak. Kinders word mos deesdae met 'n kennis van elektroniese tegnologie gebore en ons oues van dae verstaan niks nie en nadat hulle binne 'n uur of so die wii onder die knie gehad het, moes ek en arme Charmaine ook deur die masjien getoets word. (Die uitslae bly natuurlik baie privaat).
Die van julle wat nie die wii ken nie, dis soos 'n playstation of x-box maar mens kan nie passief sit en speel nie, jy moet dit self doen en terwyl jy speel, oefen dit al jou spiere waarvan jy geweet het of nie geweet het nie. Mens kan verskeie oefeninge of speletjies speel en die masjien onthou alles soos 'n olifant. Na 'n klomp weke het ek en Charmaine van dit vergeet totdat die verbrande masjien begin vra het of die kinders ons dalkies iewers gesien het, want ons het lanklaas geoefen :-) en nou die laaste paar dae staan ek en Charmaine en jy ouboet (wat op vakansie) is, en slaap wanneer ons op die skerm verskyn. Sien prentjie regs bo.
Nelmari doen bykans elke dag een of twee keer oefeninge en speel ook speletjies.
Elriza is ook voorgestel aan die masjien en sy het omtrent ge-hoelahoop en joga gedoen
William daag weer die instrukteur uit met push-ups en dan boks hy ook graag om die bolyf te ontwikkel.
Mens kan ook twee saamspeel aan verskeie speletjies en hier is Nelmari en Elriza besig met 'n tennis dubbelspel.
Gelukkig 'n "gesonde" manier om tyd binne die huis en uit die hitte besig te wees. En maat, aangesien die masjien ons nie vergeet nie en ons name nou krater maak, sal ons seker weer voor hom moet kom staan :-).
 
 
 Die een sal nogal gewild wees by die shoppers. Sou jy 'n "behoefte" he aan oefening en meer spesifiek stap, kan jy by 'n mall in Abu Dhabi en van die mails in Dubai by die walkers klub aansluit. Dit geskied vroeg oggend in die malls en nadat jy opgewarm het kan jy met die spoed van witwaks deur die lugversorgde mall loop en oefen terwyl jy kyk waar jy later wil kom shop. Mens kan selfs na die lopery by M&B stop vir tee en koek :-).
Die een sal nogal gewild wees by die shoppers. Sou jy 'n "behoefte" he aan oefening en meer spesifiek stap, kan jy by 'n mall in Abu Dhabi en van die mails in Dubai by die walkers klub aansluit. Dit geskied vroeg oggend in die malls en nadat jy opgewarm het kan jy met die spoed van witwaks deur die lugversorgde mall loop en oefen terwyl jy kyk waar jy later wil kom shop. Mens kan selfs na die lopery by M&B stop vir tee en koek :-).  Die ander nuutjie in Abu Dhabi, (Dubai het dit al 'n tydjie) is die nuwe aircon bushaltes waar jy lekker in koelweer kan wag vir die bus. Daar is 'n roetekaart en alles binne-in .... maar soos baie aircons in die dorp werk dit nie en staan mens liewers buite onder 'n sambreel en braai. As dit gewerk het kon ek selfs bus gaan ry het om bietjie af te koel :-).
Die ander nuutjie in Abu Dhabi, (Dubai het dit al 'n tydjie) is die nuwe aircon bushaltes waar jy lekker in koelweer kan wag vir die bus. Daar is 'n roetekaart en alles binne-in .... maar soos baie aircons in die dorp werk dit nie en staan mens liewers buite onder 'n sambreel en braai. As dit gewerk het kon ek selfs bus gaan ry het om bietjie af te koel :-).  Hierdie lapdoeke is een van die lekkerste gadgets vir die hitte. Mens dra dit soos suigpille in jou handsak en wanneer jy 'n natlappie nodig het, gooi jy water op, dit swel heeltemal uit en word 'n lekker groot lappie vir sweet of hande afvee. Baie handig vir veral mamma's met kleintjies. Is dit nie oulik nie?
Hierdie lapdoeke is een van die lekkerste gadgets vir die hitte. Mens dra dit soos suigpille in jou handsak en wanneer jy 'n natlappie nodig het, gooi jy water op, dit swel heeltemal uit en word 'n lekker groot lappie vir sweet of hande afvee. Baie handig vir veral mamma's met kleintjies. Is dit nie oulik nie? Nelmari word met groot ogies gevolg asof sy die nuwe mamma is en ek probeer net keer dat daar 'n "bonding" plaasvind want ons kan nie nog 'n kat in die huis nie. Nou vir die soektog om vir haar huis te kry want feline friends het nie plek nie en die veearts sit hulle net aan die slaap.
Nelmari word met groot ogies gevolg asof sy die nuwe mamma is en ek probeer net keer dat daar 'n "bonding" plaasvind want ons kan nie nog 'n kat in die huis nie. Nou vir die soektog om vir haar huis te kry want feline friends het nie plek nie en die veearts sit hulle net aan die slaap.