Monday, June 15

Anderste inkopies

Met Eddie se laaste twee besoeke aan Afghanistan vra ek mooi foto's en vir een of ander rede dink hy winkels sal my belangstelling wees. Julle weet mos ekself "shop" bitter min maar ek hou daarvan om ander af te neem as hulle shop :-). Maar hier is die foto's van die winkels daar en miskien inspireer dit julle om te gaan inkopies doen of saam met my dankbaar te wees vir die winkels wat ons het.

Page1

Die man dra sy winkel na waar hy wil besigheid maak en saam met 'n klomp ander takke is dit defnitief die plek om te gaan sonbrille koop. Tussen die grys en vaal is daar ook mooi kleurvolle ballonne - ek wonder net hoe lank hulle opgeblaas gaan bly.

Page2

Ek weet nie hoe sterk die mense is om "pitte" te koop nie, maar die vlerk-kliente kan beslis nie wag vir iemand om sy inkopies te laat val nie. Kyk net al die winkels so by die waterfront! Aghan Spinneys - hier in Abu Dhabi is Spinneys "die" winkel vir expats waar mens alles van die huis af kan kry. Wonder wat mens alles hier kan koop.

Page3

Na-ure inkopies ook sterk in verligte winkels en vleis is baie vars. Waarnatoe die vroue hierdie klere dra weet ek nie, maar dit kan hulle laat goed voel en as jy moeg is, 'n klein straatkafeetjie onder die boom.

Page4

Maar daar is nog ander mooi goed in Afghanistan en tussen al die aanvalle en bomme is probeer die land stadig weer op sy voete kom.

Page6

Ek wou darem sien hoe die land ook lyk en hierdie drie pragtige foto's op die internet gekry. Elke land het darem sy unieke natuurskoon en wys net dat ons Vader Skep goed - dis net mense wat dit opmors.

10 comments:

Nimsi se Blog said...

Ja, ons het inderdaad baie om voor dankbaar te wees ne!

Thea said...

Terloops, ons het toe ook nou die dag na "The Kite Runner" gekyk Sandra. Wat 'n uitstekende fliek!

Ons het inderdaad nog baie om oor dankbaar te wees!

Sandra said...

Dis so Nimsi en die feit dat ons so 'n verskeidenheid het om te koop.

Ek het net so baie van die fliek gehou Thea, baie lesse om daaruit te leer. Bly jy het ook daarvan gehou!

Anonymous said...

Dit lyk anders hier? Nice!

Pragtige rooi blommetjies so op die vaal grondjies. Jy's reg. Die Vader het alles mooi gemaak. Net jammer vir die menslike spesie.

Muriel said...

Hi Sandra

Mmmm jou blog lyk pragtig!!

Afghanistan - wat 'n pragtige land!!

Maar hoe waardeer ek nou weer my eie malls!!

Groete vir almal!

Sandra said...

Ek sien veranderinge daar by jou ook boendoe :-)!

Dankie vir die inloer Muriel, ek waardeer! :-). Hoop Teddie verjaar sommer lekker!

retha said...

Ek sien daardie woestyn land het ook sneeu! Dit lyk pragtig ddar ok. Ek stem met jou saam, Sandra waar mens ook al kyk daar het GOD mooi geskep. Ek se hoe lank reeds die pad af Kaap toe is pragtig. Hoewel mense in hul 'aircon, tinted window' motors snel teen 120 deur die stukkie woestyn ry se hul steeds dit is plat en niks om te sien nie. Diesulkes ry in elk geval teen dieselfde spoed verby die Drankensberg ook.

Is dit vygies daardie rooi blommetjies.

Jan and Miekie said...

Dankie vir die interessante blog! Ons lewe darem eintlik baie gemaklik in vergeleke hoe sommiges op die aardbol hulle brood en botter moet verdien! Ek het ook gewonder waarheen sou die vrouens die rokke dra? Verskyn hulle so in die openbaar? Ek het 'n heel ander prentjie in my kop, maar my prentjie is dalk heel skeef?

Sandra said...

Retha ek dink beslis die pad af Kaap toe is mooi :-). Nie seker van die blommetjie nie maar dit lyk na 'n soort van 'n vygie.

Miekie soos hier in die UAE dra die vroue die mooiste van mooiste rokke onder die swart rokke en niemand sien dit regtig nie - maar verseker kan die vroue vreeslik optof.

attie said...

Nooit gedink Afghanistan lyk so nie.