Sunday, June 7

Nuus van die blomme hoofstad

Om mens se neus en kamera op die grond te hou en stories te kry sodat dit "gedagboek" kan word is nie altyd maklik nie. As van die kinders nog in Suid-Afrika sit is dit nog moeiliker. William het vir sy verjaarsdag gaan paintball en my "korrespondent" in Bloemfontein het hierdie beriggie deurgestuur.

Page1

Aangesien ek en my vriendin, Elra, te "chicken" was om te speel het ons maar besluit om fotograaf en assistent te speel.

Page2

Nie lank nie of ons het besef dat dit maar 'n wyse besluit was om eerder te kyk hoe William, Tessa, Jacques en sy meisie die oorlog begin.


Page5

Natuurlik kan 'n mens ook nie ongeskend uit 'n oorlog uit kom nie... Tessa was die eerste slagoffer met n balletjie wat haar net onder die gesigskerm tref en toe later ook 'n baie pynvolle een op die kop.


Page4

Na die geval het die meisies maar besluit om uit te sit sodat die ouens, al klaar baie warm en bietjie moeg, verder kan speel.

Page3

William het dit verskriklik geniet om al sy nuwe taktieke te probeer teen die oposisie en het nog taamlik onbeseerd uit die ding gekom ook, behalwe vir n balletjie teen sy hand so op die laaste.

Dankie vir die storie en foto's Leane, ek waardeer. Wie gaan verslag uit Onrus lewer gedurende Junie/Julie?

13 comments:

James said...

Ek dink sy mag maar gerus weer verslag lewer want sy skryf baie mooier as ek :p Ek dink William was in sy element want hy kon lekker sy rekenaar speeletjies uitleef so in die regte lewe.

Nelmari said...

:D hehe William...I'm sure the other team didn't stand a chance since you're a "sniper". (James he is playing halo in his head :P)

Pa-van-die-skietende-seun said...

Paintball, vir 'n man se verjaarsdag, saam met jou meisie!

Eish!

Tessa, is ook maar goed dat jy later uitgesit het, al was jy aan William se kant sou hy nie 'n kans laat verbygaan om jou ook te probeer tref nie.

Wat die verslaggewing aanbetref, ek stem ook dat Leane' maar "voltyds" aangestel kan word.

Sandra said...

Dus hoop ek om verslae en foto's vanaf Onrus te ontvang seun?!

Solank hy dit geniet het sussie!

Nou ja daar het julle dit, die einde van my blog.

Charmaine said...

Paintball is nie my favorite ding om te doen nie, veral as mens nie die regte salf het nie. Maar dit lyk na groot sports... waarom nie.:-)

William said...

It was very fun, Leane should have played if only for a little bit.

Sandra said...

Weet ek nie van jou liefde vir paintball nie maat - veral vir rondhardloop met salfies :-).

Ek dink ook sy moes saamspeel seun. Kyk net hoe lekker laag kon Tessa op die grond kruip met haar lengte - dink net wat Leane kon gedoen het? :-)

Anonymous said...

My kinders het ook gaan speel en wou my saamvat, maar gelukkig het ek ook besluit om eerderuit te sit en fotos te neem.

Sandra said...

Attie welkom hier. Dit is lekker om te kyk hoe die kinders dit so van die kantlyn af geniet maar ek sou ook die foto's neem opsie gekies het.

Leane said...

Paintball is nie my gunteling sport nie, veral na so ongelukkie in St. 5 toe ek amper 'n vriendin verloor het (ek het my nie veel gesteur aan die 5 meter reel nie...).

Eks bly my poging om 'joernalis' was darem nie te sleg nie :) Ons sal maar moet beurte maak vir onrus en sal my nuwe kamera baie lekker kan uittoets!

Sandra said...

Ek was ook deel van so 'n nare ongeluk en dis ook nie my idee van pret nie Leane.

Moenie dat ek vir die verslae vanaf Onrus wag nie ok!? Moet sien of die kamera werk.

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Hallo Tannie Sandra.

Ek is MAL oor die nuwe blog uitleg!! Dit lyk SMART!!

Geniet die naweek wat voorlĂȘ!

Groetnis
xx

Sandra said...

Dankie Beatrix en julle moet ook lekker partytjie vandag en lekker naweek he!