Friday, June 12

Die aftel begin …..

Wie van julle onthou toe die kinders klein was en die skoolvakansie breek aan. Vir dae word die dae afgetel na die vakansie en dan .... na die eerste dag of miskien die derde begin die "wanneer begin die skool weer"? Die ou mense het altyd gese moenie julle lewe so omwens nie. Wel, hier in die woestyn werk dit half andersom - die arabiere werk nie verniet van regs na links ipv links na regs nie.

Die skole het gister "gesluit" vir die skoolvakansie en nou le daar 79 dae van vakansie voor! Idees soos lekker swem of langs die strand le is bv nie eers uitvoerbaar nie want dis hittig en hoe hou mens nou 'n tiener "besig"? Sy het haar eie idees en wil natuurlik weggaan vir 'n dag of 4 na een of ander plek, maar of dit sal gebeur is heeltemal 'n ander storie en meer as een brug om oor te kom.

Page3

Die begin van die week is ek by die skool rond en sien weer die muur langs die trappe wat versier is met kinderhande van verskillende lande. Daar is 41 nasionaliteite in ons skool Ek stop so by elke Suid-Afrikaanse hand om te sien hoe die kinders 'huis' mis.

Van naderby sien ek braaivleis, sonskyn, rugby en afrikaans is hoog op die lys en ek dink daaraan dat al daai goed kry hulle hier ook: braaivleis - nie so baie as by die huis nie weens die hitte, maar daar word gebraai!; sonskyn - griet hier is daar meer as geniet sonskyn ons kan dit blik; rugby - ons kyk DSTV en daar is rugbyklubs alhoewel dit nie by die skole gespeel word nie en laaste en vir my die belangrikste van die vier is Afrikaans - en ek wonder of die kinders besef hoe geseend hulle is om hier in die vreemde met ander maats in hulle taal te kan praat.


Page4

Ek hoop hierdie oudjies gaan 'n veilige en lekker vakansie by die huis he! Ek ruil bietjie seuns vir 'n maand met William wat kom kuier en James wat in SA gaan kuier en ek sien baie uit daarna om jou hier te he seun! Ek weet sy shopping lys gaan lank wees, dus sal ons darem 'n deel van die 79 dae in die mall deurbring en dit gaan maar swaar op die sak wees.

Spaar 'n ou gedagtetjie vir al ons ouers wat hier in die hittige somer die kinders na dag 3 moet besig hou terwyl ons die dae aftel :-)

11 comments:

Desia said...

en vir my die belangrikste van die vier is Afrikaans - en ek wonder of die kinders besef hoe geseend hulle is om hier in die vreemde met ander maats in hulle taal te kan praat.

So waar, Sandra!

Sandra said...

Desia selfs ons Engelse Suid-Afrikanertjies leer hier "meer" Afrikaans as wat hulle by die huis sou leer - en hulle kan dit praktiese toepas EN nog beter, hulle geniet dit.

Nimsi se Blog said...

Sjoe Sandra, maar dit lyk pragtig hier by jou hoor!
Sterkte met die hitte daar, hier het ons die afgelope drie dae behoorlik verkluim - maar vanoggend weer heerlike sonskyn!
Geniet vir William en die mall.

Cecile said...

Sjoe ek myself net indink hoe julle die kinders moet besig hou vir so 'n lang tyd en dan moet dit nog binneshuis gebeur met julle hitte. Dit is vir my net erg om my een besig te hou vir 30 dae en dan is dit nog winter hier so ek maak nou al lysies en dagboeke vir elke dag. Gelukkig is Pa 'n Onderwyser en die is nogal baie kreatief met Suzaan. So sterkte vir ons ouers.

Groete
Cecile

Sandra said...

Dankie Nimsi, lekker om weer van jou te hoor!

Cecile, Nelmari kan nogal kreatief wees en goed maak maar ai mens kan net soveel in die klompe weke - jy moet maar van daai idees vir my stuur!

Charmaine said...

Maat met William en Elriza daar gaan ons beslis 'n paar dae in die malls kan deurbring. Dis so lieflike skoon koel sonskyndag na die wonderlike reen in ons mooie land en ek sien nie uit na die SON daar anderkant nie. Sien, so verlang ek saam met die skoolkinders na Suid Afrika. :-) Sien uit om julle almal te sien!!

Thea said...

Jou blog lyk baie mooi Sandra!! Gits dit voel soos nou die dag wat jy geskryf het oor die lang vakansie en hier's dit alweer 'n jaar later!! 79 dae is darem maar 'n baie lang vakansie!

Ons was baie dankbaar om weer vandag die son te sien hierdie kant!

Sandra said...

Dis vreeslik warm maat en ek hou maar swaar uit in die warm blyplek op die oomblik. Nelmari vertel my ook sy wag vir Elriza om te shop want blykbaar wag die winkels net vir haar voordat dit "specials" het.

Dankie Thea en ja kan jy glo dis alweer 'n jaar later. Vanjaar voel dit vir my warmer en moeiliker.

Jan and Miekie said...

Jy is seker bly jou kinders kan hulle self vermaak - dink dit moet nogal moeilik wees om kleiner kinders vir so 'n lang tyd besig te hou - veral as dit te warm is om buite te speel. Ek wil glo die onnies is baie bly dat hulle nie in die hitte hoef skool te hou nie!

Die werel het darem gekrimp ne - om te dink al die belangrikste Suid-Afrika dinge soos die taal en sonskyn kry mens ook daar by julle. Ek onthou toe ons in 2005 in Kanada gekuier het en oor die rekenaar hoor "Hier volg die nuus gelees deur Marietta Kruger.." Baie anders as toe ek 40 jaar gelede in die V.S.A. was en die Frisco en Joko advertensies vir myself gesing het, omdat ek so huis toe verlang het en so graag Springbok radio of Gerhard Viviers se rugbykommentaar sou wou hoor.

Sandra said...

Miekie die probleem as die kinders "groter" is, beteken dit ma moet meer rondry.

Ja die wereld is klein hier kan mens glad nie in Afrikaans "skinder" nie, almal verstaan :-)

retha said...

Ek is seker jul Afrikaans klink mooier en minder verwronge as hier. Hoewels ek baie min Afrikaans praat bly dit steeds so n mooi taal.Ek voel steeds mens moet die behoorlike Afrikaanse woord gebruik in plaas daarvan om Engels orals by te voeg.

Wonderlik dat jul n deeltjie SA daar kan he. Sterkte met die baie 'tyd' op hande. Sal graag hoor en sien waarmee jul vorendaggekom het.