Monday, June 29

Oui, wii, wee wat jy dit ook wil noem

En alhoewel dit alles dieselfde klink, beteken al drie ietsie anders. Die euwel van 'n wii het so 'n tydjie terug in ons huis sy verskyning gemaak. Kinders word mos deesdae met 'n kennis van elektroniese tegnologie gebore en ons oues van dae verstaan niks nie en nadat hulle binne 'n uur of so die wii onder die knie gehad het, moes ek en arme Charmaine ook deur die masjien getoets word. (Die uitslae bly natuurlik baie privaat).


Page2


Die van julle wat nie die wii ken nie, dis soos 'n playstation of x-box maar mens kan nie passief sit en speel nie, jy moet dit self doen en terwyl jy speel, oefen dit al jou spiere waarvan jy geweet het of nie geweet het nie. Mens kan verskeie oefeninge of speletjies speel en die masjien onthou alles soos 'n olifant. Na 'n klomp weke het ek en Charmaine van dit vergeet totdat die verbrande masjien begin vra het of die kinders ons dalkies iewers gesien het, want ons het lanklaas geoefen :-) en nou die laaste paar dae staan ek en Charmaine en jy ouboet (wat op vakansie) is, en slaap wanneer ons op die skerm verskyn. Sien prentjie regs bo.


Page4


Nelmari doen bykans elke dag een of twee keer oefeninge en speel ook speletjies.


Page1


Elriza is ook voorgestel aan die masjien en sy het omtrent ge-hoelahoop en joga gedoen


Page1


William daag weer die instrukteur uit met push-ups en dan boks hy ook graag om die bolyf te ontwikkel.


Page5


Mens kan ook twee saamspeel aan verskeie speletjies en hier is Nelmari en Elriza besig met 'n tennis dubbelspel.


Gelukkig 'n "gesonde" manier om tyd binne die huis en uit die hitte besig te wees. En maat, aangesien die masjien ons nie vergeet nie en ons name nou krater maak, sal ons seker weer voor hom moet kom staan :-).

14 comments:

Desire Fourie said...

Het nou te lekker gelag vir die oues van dae wat deur 'n masjien op aandag geroep word ... wie sou ooit kon raai. Mooi bly.

Nimsi se Blog said...

Oei tog!
wakker word julle tweetjies, wakker word!

Sandra said...

Desire masjiene sit ons deesdae ore aan verseker.

Ai Nimsi, dis warm en ons is lam -- wie weet miskien sal ons eendag in die toekoms, 'n foto wys waar ons ook saamspeel :-).

Anonymous said...

Sandra, sou jy dit aanbeveel as 'n goeie manier om oefening in te kry? My kiddies nag en nag, maar ek het altyd gedink dis net 'n foefie? :-)

Nelmari :D said...

Mamma...first of all, it is oui not oei :D

But yes, it is a fun way to exercise because you can play with lots of other people.

Sandra said...

In die eerste plek is die kinders darem aan die beweeg voor die TV en die WII fit is 'n goeie oefen manier ja. Dit hou rekord van elke oefening en jy kan 'n teiken gewig stel ens. En dan natuurlik onthou dit as jy nie oefen nie :-) Is hulle duur daar in SA?

Ag sussie ek weet nou ek het "eier" ipv "ja" geskryf, maar ek leer mos nog net.

James said...

So 'n ou Wii maak mens nogal baie moeg so as dit nie oefening is nie, dan is dit beslis werk.

Sussie, dit is seker baie makliker om te oefen met die minder hare! Seker ook minder moeite in die oggend. ;)

(Leane hou van jou hare)

Ronelle said...

Sjoe, sal dit nou nie lekker wees om so 'n geskenk Sondag te kry?!
;-) ;-)

(hoop my man lees die blog en comments)

Ronelle said...

O ja, Sandra, geniet die koek en koffie saam met my kind in Abu Dhabi Dinsdag.

Neem foto's!!

Jaloers!! :-(

Sandra said...

Seun jy het hierdie keer vrygespring met die foto's (mits ek hierdie week myne kry :-)).

Ronelle ek sal dit maar aan jou dogter moet noem dat jy enetjie soek vir jou verjaarsdag - miskien kan sy in haar pa se oor "skype".

Sal foto's neem as ek foto's van Vrydag kan kry?!?

Ronelle said...

Vrydag?!?

Sandra said...

:-) skuus Sondag!! Ons het lekker gekuier :-)

Jan and Miekie said...

Mmmm! Dit lyk lekker! Ek doen oefeninge voor die TV, maar dit lyk lekkerder om dit saam met die TV te doen. So 'n ding kom definitief op my "wish list"... Skimp, skimp.

Charmaine said...

Die masjiene is deesdae baie cheeky.... Maar ja, mens kan bwslis binne huis oefen en ek dink die elke dag se mates neem en opcheck kan baie goeie gevolge he. Ek wil net weet hoe se mens vir die masjien ek gaan darem swem vir bietjie oefening.:-)