Wednesday, June 3

Hoe sien mens Londen in 24 uur?

Jy maak gebruik van fietse, taxi’s, busse, bote, jou voete en lugvervoer!! Ek weet dat ons toer op ‘n einde is, maar die foto-dagboek is nog nie klaar nie, en ek wil graag nog vertel van Londen en Ierland. Die treinritte het soos ‘n berg voor ons gele, dis maar moeilik om met al die bagasie van een trein op ‘n ander te hop - dit het homself opgelos want die betrokke dag was die treine van Watford stasie nie in werking nie … Dus het ons twee tannies ‘n taxi gereel en heerlik tot voor ons blyplek gery. Ek weet nie of dit nou my storie is nie, maar so boek ons in by die hotel en kla nogal oor die kamers wat km van mekaar is. Tyd is min voordat Annie en Corli ons kry, dus reel ons om sommer kamerdiens. Ek gaan eet in Charmaine se kamer.

Page2


Groen toe ek sien dat sy ‘n heelwat groter kamer as ek het en sowaar ‘n bad ook terwyl ek moet stort. Terwyl ons wag vergeet my vriendin iets in die kamer en hardloop gou op en haar kaart wil haar nie in die kamer toelaat nie? Baie onsteld kom meld sy dit aan … net om te hoor sy het haar tuisgemaak in iemand anders se kamer :-). Na ‘n vinnig trek eindig sy darem ook in dieselfde grote kamer as myne op, nie voordat sy die bad op bruikleen gebruik het nie. Ons vertoning is toe “Joseph” en wat ‘n ondervinding was dit nie!! 'n Volgepakte teater met wonderlike kunstenaars en ‘n fietsrit terug hotel toe, sorg vir ‘n baie opwindende aand. Dankie vir die reel en groot treat Corli!

Page3


Annie en Corli sluit vroeg die volgende dag by ons aan vir ‘n propvol dag om soveel moontlik van Londen te sien. en begin by Covent Garden. By Trafalgar square kan mens skaars foto’s neem want orals sit, hang of staan mense op alles. Ons besluit om op een van die rooi busse te hop en so die maksimum gesien te kry.

Page4


Dit verg werklik al jou vernuf as fotograaf (soos Corli demonstreer) om die plekke afgeneem te kry, maar die gids se stories is interessant en ons sien oa St Paul’s kerk en natuurlik ook die Tower Bridge.

Page8


Dan rits ons verby ‘n klomp ander bekende bakens wat ek nog net op die TV gesien het.

Page5


Die busrit word deur almal geniet en ons klim af by die Tower of London. Die wittoring is reeds in 1066 gebou en is deur die jare as oa ‘n blyplek vir die koningsfamilie en tronk gebruik. Kyk net die toue en toue mense wat wag om in te gaan! Dis by elke besienswaardigheid en mens voel nie lus om met ‘n gestamp na plekke te kyk nie …roomys met flake is baie lekkerder.

Page6



Dan spring ons op een van die ferries om al langs die bekende Thames rivier en ons sien die geboue, brue en torings van ‘n ander hoek.

Page7


Die house of Parliament, Big Ben en Eye of London word so in die verbygaan beloer. En net om te wys ek was daar Vicky, ‘n foto van Corli, Annie, ek en Charmaine :-).

Page9


Natuurlik het ons ook Buckingham Paleis, Westminister’s Abbey, Mansion House, en klomp ander goed gesien en oor die Londen Tower Bridge gery en toe is die strate ingevaar vir “shopping”.

Page10


Nog handpoppe by die bekende Hamley’s – 5 verdiepings van speelgoed met meer ouers as kinders in. Dan soek ons vir ‘n teeplek en kyk hoe loer Charmaine om te sien wie sien haar by die “cupcake” winkel :-). Jy kan nie die kamera ontduik nie vriendin! Tee by die oulikste restaurant waar mens allerhande tee kan drink en die lekkerste skons!!

Page11


‘n Dag in Londen kan egter nie volledig wees sonder ‘n rit in die Eye of London nie. ‘n Hele 135m hoog en ons kan Londen mooi uit die lug bekyk - ‘n wonderlike ondervinding. Dood moeg na ‘n uiters suksesvolle toerdag en reg om Ierland aan te durf.

18 comments:

Ronelle said...

Cupcake winkel??!! Hoekom het ek nie daarvan geweet toe ek in Londen was??

Julle toer lyk of dit groot pret was. Kannie wag om Ierland se foto's te sien!!

Sandra said...

Duidelik het jy by ander winkels rondgehang niggie

Leane said...

Ek wens net ek het so lekker tyd gehad in London! Tannie hulle laat dit baie goed lyk, dalk moet ek ook die ordentlike toeriste ding doen en keer. (Hou van die nuwe 'look' van die blog)

Sandra said...

Dankie Leane! Julle sal moet gaan toer in veral Skotland (dan kan James 'n dansie vir sy rokkie leer) :-). Ek dog jy het in een van die klein deurtjies agtergebly tydens die toer :-).

Ek moet ernstig met jou praat oor sekere mense se shopping gewoontes :-).

Leane said...

Ja ek sal maar vir James soontoe moet vat, laat hy weer kan terug gaan na sy 'roots'.

Al wat ek kan se is dat ek baie bly is dat ek die budgeting gaan doen eendag, want dan sal hy vinnig sy shopping gewoontes verander...;)

Jan and Miekie said...

Wat 'n pragtige sonskyndag kry julle toe vir julle 24 uur! Ek het jou beskrywing en fotos baie geniet - haha oor die kamer!
Julle het darem London te sien gekry! Toe ek 'n student in Europa was, wou ek vir 'n naweek London toe en toe was daar 'n staking op die lughawe. In 2005 was ek en Jan so 9:00 in die motor oppad London toe vir ons 24 uur daar toe ons oor die radio hoor dat daar 'n explosion by Liverpool was... wat toe die bom by die stasie blyk te wees. Ons het toe maar die dag in Bath deurgebring en die volgende dag in Windsor - twyfel of ek regtig London te siene gaan kry!

P.S. Ek is mal oor jou blog se nuwe voorkoms. Die kaart is 'n oulike idee en ek hou van die groot font. (Se dit iets van my ouderdom?!)

Sandra said...

Eintlik moet jy net nie in die omgewing van Studio R wees nie Leane dan is die budget veilig :-)

Ek's seker ons het net 'n druppel in die emmer gesien Miekie, maar ek dink die hoeveelheid goed is nie sleg vir 24 uur nie.

Dankie dit was tyd om die voorkoms bietjie te verander en ek het aan die begin nie eers agtergekom die font is groot nie - wat se dit van my ouderdom? :-)

Desia said...

Ek hou ook van die nuwe aansig! Ek het weer eens lekker saamgetoer.

Man-wat-steeds-rondloop said...

Skurke, ek kon laas net die Eye loop kyk en nie ry nie, tyd was te min.

Nuwe "font" is vir my ook net mooi die regte grote, maar waar is die huisdiere en gaan jy "update", daar is mos nou alweer meer........o ja, onthou ook asb my voordeurkat!

Sandra said...

Dankie vir die inloer Desia!

Ek moet nog nuwe foto'tjies van die huisdiere neem ... en Pixie kan sommer deurgaan as straat- en voordeurkat.

Nelmari said...

Dad...crinkle kat is fine! She sits outside the door every morning.

Mama, the blog looks good...very mellow :P hehe...

Sandra said...

Sussie ek verstaan nog steeds nie die konneksie nie. lol jy weet tog nie wat dit beteken nie :-)

eilandkind/islandchild said...

wow, julle dames weet hoe om te reis, dit is verskriklik baie goete om in een dag in te prop.

Charmaine said...

Ai ja, die kamer ding... wat sal ek se... net dat ek fiks word deur tien keer trappe op en af te hol

Sandra said...

Hi Eilandkind! Ja ons ou dames het dit beslis gevoel aan die einde van die dag ;-)

Jy hou van trappe klim ne maat :-)

Sandmensie said...

Ag Sandra..al is jou font groter vir ons ouer mense se oë...het ek myne SEER gekyk vir julle 4 in Londen...om net later agter te kom dis jou "verteenwoordiger" Sandy..of het ek jou mis gekyk..in lewende lywe?
Volgende keer toer ek saam om te sorg vir tee en natuurlik fotos van jou..

Sandra said...

Ek kan nog nie 'n foto van myself neem nie, sal nog daarby kom :-)

En ja volgende keer moet jy saam om te sorg vir tee!! Waarnatoe sal ons gaan?

Heleen said...

Ek dink nie die eye of London is vir my nie.....HOOGTEVREES.....
Bly julle het dit geniet