Wednesday, June 24

Wat kan help in die hitte

Dis bloedig warm en die herinnering aan die koue van Ierland en Skotland doodgebrand. Op hierdie stadium het ons ook nie die luuksheid van 'n heerlike koue aircon nie, maintenance daag ook nie op nie en ek weet vir 'n feit dat 'vet nie uitbraai nie". Met al my oumenskwale het hierdie hitte my lam. 'n Paar interessante dinge wat hier is wat ons nie sommer by die huis kry nie. Die een sal nogal gewild wees by die shoppers. Sou jy 'n "behoefte" he aan oefening en meer spesifiek stap, kan jy by 'n mall in Abu Dhabi en van die mails in Dubai by die walkers klub aansluit. Dit geskied vroeg oggend in die malls en nadat jy opgewarm het kan jy met die spoed van witwaks deur die lugversorgde mall loop en oefen terwyl jy kyk waar jy later wil kom shop. Mens kan selfs na die lopery by M&B stop vir tee en koek :-). Die ander nuutjie in Abu Dhabi, (Dubai het dit al 'n tydjie) is die nuwe aircon bushaltes waar jy lekker in koelweer kan wag vir die bus. Daar is 'n roetekaart en alles binne-in .... maar soos baie aircons in die dorp werk dit nie en staan mens liewers buite onder 'n sambreel en braai. As dit gewerk het kon ek selfs bus gaan ry het om bietjie af te koel :-). Hierdie lapdoeke is een van die lekkerste gadgets vir die hitte. Mens dra dit soos suigpille in jou handsak en wanneer jy 'n natlappie nodig het, gooi jy water op, dit swel heeltemal uit en word 'n lekker groot lappie vir sweet of hande afvee. Baie handig vir veral mamma's met kleintjies. Is dit nie oulik nie?


Vir my help alles niks .... dis waaaaarrrrrmmmm!!!

15 comments:

Nimsi se Blog said...

Ai tog Sandra, ek het nie raad nie. Sterkte!

Muriel said...

Sandra LOL Jy kla oor die hitte en ek oor die koue!!

Ek sal die oefening in die Malls gate uit geniet. Jy weet mos al ek het so groot liefde vir malls!! *wink*

Mariette said...

Ja ek weet waarvan jy praat en dit ga nog vir die vlgde 4mnde so wees as jy my vra, ons A/C werk darm maar nogsteeds is ek so lam,van die hitte, ek haal my hoed af vir enige iemand wat energie het om te oefen, al is dit in 'n verkoelde mall.

Lekker week

Anonymous said...

Siestog, Sandra. Hitte is NIE lekker nie, en daar is nie veel wat mens daaraan kan doen nie. Sterkte!!

Charmaine said...

Ek stem nogal saam ...mens kan hierdie hitte nie onderskat nie en dis baie erger as die koue in Ierland en Skotland.... en ek het nooit gedink ek sal so se nie.. my innige simpatie

Sandra said...

Dankie Nimsi!!

Die probleem is om eers by die mall te kom in die hitte Muriel!! :-)

Dalk nog tot Desember Mariette :-) en dan het ons nog Ramadan ook.

Sandra said...

Dis hoekom ek eerder die koue verkies boendoe - dan trek mens darem warm aan of sit 'n kaggel op ens.

Dankie maat ek het die simpatie nodig :-)

Ronelle said...

Ai nig!! Dit klink erg - en jy wonder hoekom ek nie kom kuier?!?

Die Kaap is nou die lekkerste (en mooiste) plek om te wees.

Reen, wind, koud, sneeu op die berge, kaggel, sop, rooiwyn ...

eilandkind/islandchild said...

sit druiwe ( as jy druiwe kan kry in die woestyn ) in die vrieskas, dit is YUMMMMMMIE en dit koel jou af.

Sandra said...

Ja, ja, ja Ronelle vryf dit in. Wie weet miskien word die hitte te erg dat ek net vinnig moet kom afkoel :-)

Ons kry lekker druiwe van Suid-Afrika hier in die woestyn eilandkind :-). Sal dit bietjie probeer.

Thea said...

As jy lus het vir bietjie afkoel is dit die regte tyd om in SA te kom kuier Sandra! Innige simpatie met die hitte. My menopousale fase waarin ek tans verkeer is ook nie mal oor hitte nie! ;-)

Desire Fourie said...

Sterkte met die hitte daar. Daardie staptogte vroegoggend in die Malls klink nou regtig na 'n blinkidee ... sou nie omgee om so 'n stapklub to join nie. Mooi bly.

Sandra said...

Thea se jy vir my dis gloede en nie hitte nie? :-) Verseker is ons hele huis diere ingesluit nou in menopause :-)!! (Se naturlik nie dit speel 'n rol nie)

Mens moet eers in die hitte by die mall kom Desire :-)

Sandmensie said...

"Nah"...menopause of nie menopause, oorgangsjare???..as jy in hierdie hitte bly het jy omtrent GLOEDE! Hierdie gloede VRA nie vir ouderdom nie..jonk en oud...ouer...kry dit en dan voel ek ek is in my oorgangsjare..net reg om OOR TE GAAN na waar dit liewer KOELER is!!!!
Nou weet ek waar kom die ding van Stikkend warm-ek wil stik in die hitte-voel of iemand 'n vuurkooltjie in my keel gesit het..Al Ain het 'n ander hitte as Abu Dhabi. Om nie eers van die snikkende hitte te praat nie, dis om van te HUIL!

Lynne said...

Hi Sandra,
Soek nou orals vir jou email adres. Kan jy dit asb. vir my stuur? Sal graag wil kontak maak. En...geniet dit hitte! Na ons 2 jaar in London se koue is die winter nie so lekker nie...lief die sonskyn!
Linni xx