Wednesday, June 10

Laaste stuiptrekkings van die jaar

Dit hitte tel nou lekker op soos julle in die kantlyn sal sien en almal het hierdie einde van die jaar lam-ek-het-nou-genoeg-van-die-jaar gevoel. Stadigaand het dinge begin afsluit vir die jaar en so is dit ook met die skool. Ampertjies, ampertjies einde van die jaar skoolvakansie. 'n Skool tradisie wat 'n paar jaar terug begin is, is die einde van die jaar sportwedstryde teen die onderwysers en vir 'n paar dae al het ek gehoor hoe onregverdig dit is want die onnies kan oefen en hulle nie. Vanjaar moes ek die Varsity en "Onnie" span ondersteun!

Page3

Die juffrouens was alreeds lekker moeg na die opwarming toe hulle bottels water afsluk, maar met die begin van die wedstryd het ek gesien hierdie is een van die dogters se moeilikste wedstryde van die seisoen, want die skeidsregter sien net geel vir foute en die onnies speel die meisie ipv die bal - weet nie wie hulle afrigter was nie. Daar is darem tyd om vir die lastige kamera ook te glimlag.

Page4

Die dogters werk hard vir elke punt en dis nie sommer oorloop wedstryd nie. Die arme juffrouens roteer mekaar elke keer as hulle uitasem raak en dis nogal baie. Nelmari kry kans om 'n paar doele te skiet en as die 3 lang Suid-Afrikaners die agterhoede dek is daar min onnies wat kan deurkom, al gebruik hulle arms en bene.

Page6

Dit verg elke bietjie taktiek bespreek en die juffrouens begin moeg raak. Sit sommer so net daar waar hulle val die wedstryd en kyk. James wat later speel kyk net rustig terwyl daar genoeg Suid-Afrikaners in die span is om 'n springbok-toeskouer te regverdig.

Page5

Met die toeskouers wat duidelik aan die kinders se kant is wen ons dogters die wedstryd redelik gemaklik. Groot glimlagte aan die einde van die dag vir 'n wedstryd in 'n lekker gees gespeel! Geluk meisies vir die goeie afsluit van die seisoen, lekker rus en ons sien uit na 'n goeie nuwe seisoen!!

Page1

Die seun aan die ander kant teen die mansonnies was 'n riller want die seuns is yslik lank en van die onnies maar kort. (Seunsspan die manne met die blou) Ek moes lag op 'n stadium staan een van die kort menere langs een van die lang seuns en die aanmerking van die kantlyn aan die onnie is "Come on ...., use your height" Die skoolhoof wys dat die leeus op hul neus gaan kry maar dis net wensdenkery.

Page2

Die toeskouers sit op die punte van hulle stoele want die onnies loop amper heeltyd met twee punte voor (ek dink die tellinghouer het so hier en daar gehelp) en in die laaste 5 sekondes van die wedstryd teken die seuns die doel aan om die wedstryd gelykop te laat eindig. Die "ou" manne was lekker moeg :-).

11 comments:

Pa-van-beide-kind-en-onnie said...

Nou ja, as ek daar was sou ek eers met my Leeuhemp moes kyk en dan my "Mag nie praat nie want my seun is nou 'n onnie" hemp moes aantrek!

Mooi sussie, bly om te sien julle kon die oues-van-dae darem klop, Ouboet julle het duidelik nie die tellinghouers genoegsaam omgekoop nie.

Maar wat maak jy op daai een foto met 'n ding voor die mond, was jy weer terug as DJ/Omroeper?

Nelmari said...

Hehe...the teachers played very dirty but it was still fun!
Thank goodness school is done tomorrow, now I get to torture you mom! :P

Sandra said...

Van die tellinghouers was van die dogterspan en ek dink nogal nie hulle sou die seuns laat verloor het nie.

Jy's in vir 'n verrassing sussie !!

William said...

Good job little sis, well kind of little, well kind of little in a way, well... Good job younger sis :-) And James i like the shoes

Nelmari said...

I get it William..I'm not little lol
Thank you :D
James copied your shoes hehe
What kinda surprise mom?
A little vacation maybe?

Leane said...

Well done Nelmarie! Good action shot!

Goeie werk vir jou ook Jamesie, al was julle bietjie 'gehelp';). Lyk my al daai draf betaal nou af ne! Interessante skoene ook...

Desire Fourie said...

Hi Sandra. Eks mal oor jou nuwe blogjassie, dis absoluut jy! Dit lyk my julle is terug van jule reise en eks seker julle geniet 'n blaaskansie ... Mooi bly.

Sandra said...

Ja William klein sal sy nie weer wees nie en ook nie kort nie :-)

Jy wens sussie, jy wens!

Jy weet mos van sy swak vir sportskoene en Studio R Leane - en daarom loop mens by 'n ander deur by Marina mall in en vermy daai plekke en Adidas natuurlik. :-)

Sandra said...

Hallo Desire, ja ons is terug in die hittige Abu Dhabi. Dankie ek hou ook van die nuwe "klere" en Nelmari het 'n groot rol met die "beplanning" gespeel. Sy was ernstig dat haar ma 'n "mellow" blog moet he, wat dit ookal beteken :-).

James said...

Natuurlik moes ek nuwe skoene gaan kry vir die geleentheid en ek moet bylas dit het gehelp want ons het by amper gewen. Die tellinghouers sou beslis nie vir ons gehelp het nie want die daardie hele skoolsaal het die seuns ondersteun.

Nelmari het baie goed gespeel ja en ek dink volgende jaar gaan die meisies beslis kook.

Sandra said...

Niks so goed soos 'n geleentheid vir nuwe skoene nie ne seun.

Ek dink komende van jou met die fyn kritiese oog op die spel kan Nelmari heel chuff voel oor die kompliment. Ek hoop hulle het goeie afrigters vir die basketball en volleyball volgende seisoen :-)