Wednesday, June 17

Lelik …. lyk dit so?

Die vakansie is 3 daggies oud en Nelmari kom skoon in paniek vertel sy hoor een van die klein katjies en hy/sy huil vreeslik en sy's bang hulle maak die katjies seer. Agtergrond - Die van julle wat my blog volg sal weet dat ons klein babatjies in die erf gehad het en weens veiligheid het die mamma hulle ieewrs geneem en ons het hulle nog nie weer gesien nie. Om 'n vreeslike lang storie kort te hou, gaan vertel sy vir die Arabiese buurman haar katjie het oor die muur gespring en gaan haal sy die dingetjie iewers tussen of in 'n blombak uit.

Page1

Dis toe nie een van die drie verlore katjies nie, maar heeltemal 'n ander wilde verskrikte enetjie. Maar dit vat net 'n uur of so en die katjie is tuis in die huis asof sy daar gebore en grootgemaak is. Dis die lelikste dingetjie wat ek nog gesien het met die gemmerkat wat so effens orals wil deurbreek. Sy kry 'n blitskursus in sandbak gebruik, drink, eet en liefde en sy geniet dit.

Nelmari word met groot ogies gevolg asof sy die nuwe mamma is en ek probeer net keer dat daar 'n "bonding" plaasvind want ons kan nie nog 'n kat in die huis nie. Nou vir die soektog om vir haar huis te kry want feline friends het nie plek nie en die veearts sit hulle net aan die slaap.

DSC_0038

Ek's seker met hierdie lelike gesiggie kan meer mense as haar mamma haar liefhe.

Ek hoop baba-katjie opleiding is nie deel van Nelmari se somer-vakansie projekte nie.


13 comments:

Muriel said...

Sandra hierdie meisiekind van jou het 'n slag met katte en 'n groot hart (ook 'n klein hartjie)!! Maar ag die ou katjie is te cute!!

Nelmari jou naels lyk divine girl! *wink* Geniet jou vakansie!

Nimsi se Blog said...

Ag siestog, dis nou eintlik mooi van lelikgeid ne!
Wonder hoe het die ou dingetjie oorleef tot nou?
Dit gaan baie goed met ons "potty - training" aan hierdie kant.

Sterkte ek hoop julle kry gou n goeie huis vir lelik.

Nelmari said...

She may be ugly but she is too cute. I named her "gogga" :D

I like my nails too :P but my mom thinks they are too bright hehe

Hope we find a home for her :(

Die-geduldige-Pa-en-man said...

Aai tog, so raak die viervoetiges in die huis net meer en meer, by die dag!

Maar my hart is ook te klein om "dit" buite in die bloedige hitte te laat, so vir eers is daar nog 'n kat in die huis.

Sandra said...

Muriel sy's eintlik baie goed met enige diere - ek kan hulle ongelukkig nie almal huisves nie.

Oor die naels bly ek stil :-)

Bly daai brakkie van jou begin regkom met die pottytraining - miskien moet jy hom ook 'n sandbak laat gebruik :-) Nimsi! Wanneer sien ons hoe groot hy geword het?

Leane said...

Ek is nou nie so erg 'n katmens nie maar ek dink die katjie is so oulik! Sal nie omgee om haar 'n huis te gee nie.
James, jyt self gese Besie soek 'n maatjie :)

retha said...

Beslis mooi van lelikgeid. Ek is seker ons het nie straatkatte wat so lyk hier nie. Die kleur wel nie daardie skerp ore en gesig noe.
En ek hou van jou, noem mens dit n armband?

eilandkind/islandchild said...

Sy is beslis van Royaltie afkomstig, sy lyk soos die sfinks katte, sy is fantasties!

Sandra said...

Ek het ook gedink James en die Gogga moet "bond" Leane, maar hy dink nie so nie :-)

Hulle gesiggies is nogal anderste as waaraan ons gewoond is Retha. Dis Nelmari wat die armband dra en ek dink dis een van die wat sy vir haarself gemaak het.

Sy het 'n "houding" ja eilandkind. Sy kan haar gesiggie so naby mens hou en wag dat jy jou oe knip dat sy jou wimpers kan vang - sy's cute ja :-)

Charmaine said...

Ai sy is cute... baie cute.. Ons sal help huis soek. Nelmari mieskien moet jy ook daardie video opsit waar sy en eet... :-)

Desire Fourie said...

'n Regte hartesteler en ek kan goed verstaan hoekom katjie nog nie 'n naam het nie ... Mooi bly.

Sandra said...

Asb maat julle moet help soek voordat ons te lief raak vir haar. Stem saam daai video'tjie is oulik.

Ons wil haar nie te deel maak van die huis nie Desire, alhoewel dit erg moeilik is.

Jan and Miekie said...

Hoop julle kry gou 'n huis vir haar...voor julle te geheg raak aan haar of voor sy die huis oorneem. Ons het daar doer destyds 'n katjie in die tuin gekry en ons oor die (ook lelike) brandmaer dingetjie ontferm, maar sy persoonlikheid (katlikheid?) was later maar baie goor en hy het Thelwyn se Siamesie omtrent 'n lewe laat ly. Hy het verdwyn die dag toe ons uit Kempton getrek het - ons was bekommerd oor hom, maar ek moet se die vrede wat daar agterna weer in die huis geheers het was salig.