Friday, June 19

Rokkies wil hul dra ......

Met ons onlangse reis was die seuns se versoek "bring vir ons 'n skotse rok saam" - dus het ek alle reg nadat ek swaar aan die rokke gedra het, om te vra dat hulle dit moet aanpas en wys.

Page1

Die manne is groot sports en selfs met die rokke aan kom elkeen se persoonlikheid uit. Kan bysit dat daar lank in die kamer gekoukus is voordat die manne kom wys het. Met kommentaar soos "dis moeilik om trappe te klim met 'n rok" kom ons eintlik by die "pose" uit.

Page2

Daar is sekere gerugte oor die dra van die rok en James maak seker William is "reg" aangetrek. Hyself gee 'n regte "macMonroe" pose en William skrik hom oorhoeks!

Dankie seuns dat julle sulke goeie sports was al het julle goed geweet die kamera gaan rol. En sien ek het my belofte nagekom en nie AL die foto's opgesit nie :-)!

14 comments:

Muriel said...

Whahahahahaaa dankie dat ons kon deel in die sports.

My Teddie sou nou sĂȘ, jy sien vrou" "as jou selfbeeld reg is, kan jy enige ding onder die son doen sonder issues. In fact jy gaan sommer vir jouself ook kan lag!!!

Duidelik het jy en Eddie hierdie selfvertroue ding met julle kinders reg gekry.

James en William, ek het breed gesmile vir die foto's... maar uhmm .... ek dink julle maak nogal baie "handsome" skotte uit!! *wink

Nimsi se Blog said...

AITSA!

Sandra said...

Ek dink ook nogal hulle is oulike "skotte" Muriel :-)

:-) Nimsi!

Cecile said...

ja nee .... lyk na lekker sports.

Cecile

Desire Fourie said...

Dankie, ek het nou te lekker gelag vir die skotse manne ... groot sports kan ek sien. Mooi bly.

Sandra said...

Ja hulle was nogal groot sports Cecile.

Geniet jou naweek Desire en dankie vir die inloer.

Ronelle said...

oulike manne!!

Mariette said...

Dit lyk goed- so amper asof dit net vir hulle gemaak was.

dankie vir die deel - ek het al gewonder of hulle toe die rokkies gekry het...

Sandra said...

Hulle is ne Ronelle. Wanneer kom jy kuier ou nig?

Het baie swaar gedra aan daai rokke Mariette, wonder nou net wanneer hulle dit gaan dra :-)

retha said...

Hulle is te oulik, hoewel mens dit seker van peuters en kleuters se.

Pa-van-die-twee-Skotte said...

Oudste, ek dink nog dit is net reg vir April!

Jy moet maar die Leane' hoor, wie weet, dalk dink sy ook so?

Nelmari said...

HEHE...I can definetly see who got the legs for skirts in the family :D lol

Charmaine said...

Ja nee maat, vir al die swaar dra is dit goed dat mens darem kan sien hoe die manne lyk in Skotse rokke. En julle lyk baie ....oulik? Deftig??

Sandra said...

Word seuns ooit groot Retha? :-) Ek hou nogal daarvan as hulle nie probeer groot wees nie.

Wie is dit sussie?

Nou wag ons vir jou manne in hulle rokke maat :-)