Sunday, June 21

I love you, …..

Wie van julle ken nie die oorbekende liedjie van Barney nie? Die pers dinosaurus wat so die kinders se verbeelding aangryp en hulle in 'n verbeeldingswereld lewenslessies leer. Wel, die bekende ster het Abu Dhabi gedurende die naweek besoek en ons het saam met klein Emily na die vertoning gaan kyk. Jennifer het ongelukkig reeds kaartjies bespreek vir 'n ander dag.

Page2

Alhoewel Emily reeds geweet het wat ons gaan kyk, was sy nogtans oorweldig deur die groot ballon Barney en al die kinders, party in Barney kostuums, met Barney poppe ens.

Page3

Maar toe Barney op verhoog verskyn kon ons nie eers haar aandag vir 'n foto kry nie., sy was in Barney se wereld. Sy het hom en die ander dopgehou en saam hande geklap met die liedjies.

Page1_0

Die storie het gegaan oor 'n Koning wat sy kroon verloor het en Barney wat die kroon terug neem na die kasteel toe. Die kinders het aan sy lippe gehang en dit was so oulik om te sien hoe die kinders, mamma's en selfs party pappa's saam sing en opgewonde hande klap

Page2_0

Saam met Emily het ek ook my klein dogtertjie Nelmari geneem, Charmaine haar dogtertjie Elriza en haar broer en skoonhus hulle kleinding Alesia.

Page1

Dit was eers na die vertoning en roomys dat Emily vir die kamera begin glimlag het. Almal van ons, groot en klein het dit geniet om na die groot vet pers dinosaurus te kyk .... Nou moet die toekomstige mamma's en ouma's bietjie die woorde van die liedjies ook gaan leer vir eendag!


11 comments:

Mariette said...

Ek dink daar is min kindertjies wat nie van die ou Barney hou nie,- tot jou kattie hou mos van sy Barney!- Wens ons kon gaan maar boeta was en is regtig goor.

lekker week

Pa-van-klein-Nelmari said...

Barney is nie 'n draak nie my vrou, hy is 'n dino!

Hou moet hy nou voel as jy hom 'n draak noem, hy het ook mos 'n binneste!

Sandra said...

Baie bly jou seunskind voel nou al bietjie beter Mariette. Hy sou Barney baie geniet het!

Ek het seker aan Droenie-draak gedink, maar Barney is nou weer terug as 'n dinosaurus!

Muriel said...

Whahahaha Nou weet ek ook Barney is 'n dinoraurus!!

Ek sou dit net so geniet het Sandra, maar veral die kinders.

Laasweek het ek na vriende van ons se 2 dogtertjies gekyk en ek het feeste gehad!!! (Seker omdat 'n deel van my nooit gaan groot word nie) Wat is ook nou lekkerder om weer na die lewe te kyk uit 'n kind se oë!!

Nee deesdae speel ek lekker pop!!

Lekker week!

Charmaine said...

mamma van klein Elriza, wat ook nou 'n Barney pop het wat sy by tannie Sandra gekry het.... en tannie van Alessia wat nou nie meer na Barney op die TV wil kyk nie, se baie dankie vir die groot bederf.. Ons het dit baie geniet. Soos Muriel se, iewers binne mens is daar 'n klein kindjie wat nooit oud word nie.

Sandra said...

En watter feetjie stories vertel jy vir die kleingoed as hulle daar speel hm Muriel?

Ook maar goed ek het nie 'n video clip gemaak van jou wat saam met Barney sing nie maat :-)

Nimsi se Blog said...

Kan sien die vertoning is deur een - en - elger geniet.

Lekker week

Sandra said...

En hoe Nimsi ?! :-)

Jou baba seuntjie is baie oulik!

SA Expats said...

My kind sê drie woorde. Ma, Pappa en Barnnneeee. :)

Sandra said...

Nie sleg nie "Expat". Wat nou volg is die liedjies wat sommer baie woorde bevat

Sandmensie said...

Is Barnie nou al huistoe?