Monday, June 1

Deur die engelse platteland

Die kuiertjie in Skotland en spesifiek Fort William en omgewing loop vinniger as wat ons wil verby en dis tyd vir ‘n meer “besiger” plek … Londen.

Page1

Na heerlike weer slaan ons die reen en koue. Gelukkig op die berg is daar ‘n lekker plek om warm sjokolade te drink. As julle mooi kyk na die padtekens sal julle ook sien dat om aanwysings in Skotland te volg nogal moeilik kan raak as mens net op hulle “spelling” moet staatmaak.

Page2

Ons slaap oor op ‘n pragtige dorpie plattelandse dorpie. Annie was al vantevore hier en stel voor ons gaan drink warm sjokolade in Keswick. Ek slaan na oor die dorp en moet lag want dis oa bekend vir winkels en ‘n geen parkering probleem. (Dis terloops iets wat ek orals sien - ‘n GROOT nie-parkering probleem) Mens kan regtig lekker deur die strate loop en shop en ek kry eintlik die handpoppe wat ek vir die poppekas benodig in ‘n klein winkeltjie tydens die rondloop.

Page3

Dan is dit tyd vir die sjokolade en wat ‘n verrassing is dit nie vir ons nie. Dis ‘n regte snuffelwinkel met allerhande goed van die grond tot dak gepak en ‘n groot versoeking. Ons kan die interessantste sjokoladegeure kies. Hulle bring dan vir jou ‘n groot glas warm melk, met ‘n blok van jou gegeurde sjokolade, bakkies met room, sjokolade stukkies en klein marsmallows. Mens maak dan jou eie warm sjokolade en dis groot pret en smaak heerlik in die koue. Stem saam Annie, Keswick vir warm sjokolade is ‘n moet as mens in die engelse platteland reis.

Page4

Elke aand word die reis beplan en omdat ons die volgende aand nog ‘n vertonig in Londen moet bywoon, word daar fyn beplan. Ons ry die volgende oggend in Beatrix Potter wereld, die Lake Distric waar sy vanaf 1906 gebly het en die land wat sy ook aan die Nasionale Trust na haar dood geskenk het. Wie van julle het die fliek gesien?

Page6

Die dorpie Wndemere en omgewing lyk net so groen en daar is selfs hasies wat in die lande rondhardloop :-). Ek het egter nie vir Peter Rabbit en Jemima Puddleduck gesien nie. Terug in Watford durf ek en Charmaine die pad Londen toe alleen aan, net om Annie en Corli die aand te ontmoet vir ‘n musical wat ons nog nie weet watter een nie … maar ons sien baie uit daarna!

12 comments:

Muriel said...

Oe! dit was lekker om al hierdie inskrywings te lees oor julle travel! Baie dankie vir die deel Sandra ek is seker almal sal saamstem dat dit vir ons ook special was.

Ek het die video's van Annie en Charmaine by die wasmasjiene geniet!!

Mooi bly
x x

Thea said...

Stem saam met Muriel! Ek het ook baie lekker saam gereis. En definitief het jy my baie lus gemaak met jou mooi foto's en vertellings om ook eendag daardie deel van die wêreld te gaan verken. Die winkeltjie op die 3de stel foto's is pragtig!!

Sandra said...

Hi Muriel hoop dit gaan goed en jy voel beter. Dankie vir die inloer en saam travel. As ek dit nie blog nie is my "dagboek" nie volledig nie.

Hallo Thea dankie ook vir jou vir die saamreis. Julle sal nog twee inskrywings daaroor moet verduur:-). Ons was regtig mal oor Skotland en Ierland en die winkeltjie was iets besonders!

Anonymous said...

Dit was 'n besonderse reis en dankie dat ek dit so saam met julle kon doen. Dis 'n deel van die wereld wat ek graag eendag sal wil sien.

Jan and Miekie said...

Oe die sjokolade klink lekkerrrr! (Vanaand is dit brrr koud en ek sou kon met so 'n lekker drankie - maar sal dan vir 'n week moet dieet!)
Ek het die fliek gesien en ons was B Potter se huisie... kon egter nie ingaan nie want dit was ook so 'n reenerige dag en al wat leef en beef wou daarin - kon net die sitkamer sien en lekker in die tuin stap.
Hoop julle het die musical baie geniet!

Jupp said...

Nice blog, with pretty pictures. Congratulations

Greetings from Porto - Portugal

Man-terug-tussen-die-Taliban said...

Ek sukkel nog steeds om van die skok te herstel, honderde soorte Whiskey en julle drink........warm sjokolade!

Nou kan julle nie eers die "sukkel om padborde te lees", "sukkel om wasgoed te was" ens, ens op iets behalwe "daar is nie pille vir stupid" blameer nie!

Toemaar, ek is net jaloers omdat julle al die sports op julle eie beleef het, so sonder my.

Sandra said...

Kaalvoet ek voel net so oor daardie plekkie waar jy bly. Ek sal nogal enigetyd teruggaan Skotland of Ierland toe en twee keer dink vir Engeland :-), maar dis mos maar persoonlike keuses.

Vir hoeveel weke dink jy ons moet nou dieet na al die warm sjokolades Miekie :-). 'n Dodelike sonde

Thank you for visiiting Jupp.

Eddie die hot chocholate het nie dieselfde effek op my gehad as wat dit op Annie en Charmaine gehad het nie - dis nou as hulle nie whiskey gegooi het waarvan ek nie geweet het nie.

eilandkind/islandchild said...

ai, ek verlang na goeie ou Engeland! Julle het darem seker Wordsworth se afoddile ook gesien in Windermere of daar rond?

Sandra said...

Hi daar Eilandkind - nee die sig en weer was baie sleg toe ons Windermere se omgewing deur is, maar uit dit wat ek gesien het, kon ek sien dit moet baie mooi op 'n sonskyndag wees.

Charmaine said...

Hi maat, so lanklaas op die blog gekuier. Ek kan nou weer doen met so heerlike warm sjokolade drankie. Dit was vreeslik special en dit help dat mens afskakel en selfs nie kan onthou wat die verskil tussen was en tuimel is nie.
Jou nuwe blog is pragtig

Sandra said...

Maat jy kan nie die sjokolade blameer vir die wasgoed nie - dit was in twee verskillende lande!!