Showing posts with label Marina Mall. Show all posts
Showing posts with label Marina Mall. Show all posts

Friday, June 26

Verjaarsdae ver en uit die lug

Daar was 'n liedjie wat jy altyd gesing het toe jy klein was Duifie en ek kan nie al die woorde onthou nie, miskien ken iemand dit.

Dit het so begin: "Vandag is jou verjaarsdag en jy's .... jaar oud, en as jy weer verjaar dan is jy .... jaar oud." die res kan ek nie meer onthou nie MAAR

Dis vandag jou verjaarsdag seun!! Baie geluk en ons wens jou net die mooiste toe vir die opwindende jaar wat voorle! Geniet die dag daar in Onrus saam met Leane (wie se beurt is dit vir storie en foto's?). Ons het sommer vir jou verjaarsdag gaan uiteet solank :-)


Die Marina Mall is 'n tydjie nadat ons gekom het eers gebou, en so het ons die verskillende fases gesien ... Eerste die mall, toe nog meer mall, toe die toring, toe Centre Point, en nog steeds is dit nie klaar nie - maar gisteraand het ons die laaste fase wat ons nog nie ervaar het nie probeer - die draaiende restaurant aan die bo-punt van die toring.

Page2

Ek kan noem dat ons vir baie maande gespekuleer het wat daai toring moontlik kan wees. Die geleentheid .... Elriza (Charmaine se dogter) se verjaarsdag. Natuurlik sou ons James s'n ook saam soos vorige jare gevier het, maar hy is nie hier nie, dus het ons later weer 'n geleentheid om te gaan.

Page3

Ons het nog ligdag gegaan en die uitsig was ongelooflik, mens kon ver oor die dorp uitkyk in alle rigtings en sommer sien dat Abu Dhabi net 'n eiland is. Dit kan ook nie anders nie want ons sit so 126 meter hoog (rondom 55 verdiepings) in die lug terwyl ons stadig in die rondte draai en op Abu Dhabi uitkyk. Dit neem so 90 min om een keer regom te gaan en ons het dit in die lig en donker gesien :-)

Page1

Dis kos was uit die boonste rakke. Blykbaar het die chef al baie kompetisies gewen. Die verskeidenheid is nie groot nie, maar wat daar is was heerlik en smaaklik. Ons was maar bietjie skepties oor die duur restaurant, maar was heerlik verras. In vergelyking met van ons ander gunsteling restaurante was hierdie een baie gemiddeld en bekostigbaar. (Mens skakel dit net nie oor na 'n ander geldeenheid toe nie, mens werk op AD koste.

Page4

Dis beslis 'n plek wat ons weer sal besoek en besoekers na toe sal bring en aan die glimlagte kan jy sien dat almal dit geniet het. O en indien julle wonder ... Charmaine voer net een of ander "bloes-ritueel" uit :-).

Page5

Maar die fokus was op die verjaarsdagmeisie, veral toe daar 'n bos rooi rose van haar jongman by die restaurant afgelewer word. Die afrit met die hysbak was net so besonders met die liggies wat ver gesien kan word.


Friday, December 28

'n Les in geskenke oopmaak

Is dit nie lekker om vir kinders geskenkies te gee nie? Hulle vat gewoonlik die geskenk en skeur dit oop dat jy papiere orals sien spat. Hulle WIL so gou as moontlik by die present uitkom ...en geen papier en/of linte sal in hulle pad staan nie. Hierdie Kersfees het ek gesien dat dit ook anders kan werk ... 'n kleintjie wat 'n present soooo stadig oopmaak, dat die volwassenes later wil inspring en die papier skeur! Emily was ou Kersaand by ons terwyl ons na die Nativity fliek gekyk het en voor huistoegaan tyd wou ons graag hê sy moes haar geskenk van ons af oopmaak
Groot meisies en sy dra self haar geskenkie om dit oop te maak
Eers moet die lint en strik af
Dit geskied hiper stadig. Nadat sy eintlik die lint af het, gaan hang sy dit eers om haar mamma se nek.

Die cellotape sit vas aan haar vingertjie en nou word dit eers bestudeer. Gee vir my sê Marina

Terug present toe ... waar sal ek begin skeur

Die puntjie is nou oop


Skeur nou hier Emily wys haar mamma
Nou is sy darem al op twee hande wat skeur
Amper heeltemal oop
Teen hierdie stadium was ons al op die punte van die banke, reg om te help skeur. Maar eintlik is dit klaar en kan sy die boks oopmaak ......Kan julle raai wat was binne-in? Laat weet! Indien nie, die inhoud is 'n storie heeltemal op sy eie......


Monday, July 2

"Girly" dag

Allerhande dinge word uitgedink om onsself mee besig te hou gedurende die vakansie wat nog twee maande oor het .... ja nog 62 dae!!!! Die meisies het 'n bietjie gaan pedi- en manikuur om uit die hitte te bly.Nelmari en Elriza se voete word "gedoen"
Lekker sit hulle!!
Ons drink 'n bietjie koeldrank by "The One" - die beste winkel in Abu Dhabi
By Marina Mall en ons is weer dors. Ons wag vir ons sap. William

is ook daar vir die winkels. Kyk hoe klein is die oudste onder die drie!

Julle gedink meisies kan shop? Nelmari en Elriza wag vir William ... ja James hy is by Studio R. Die winkel op die agtergrond is ons Woolworths.


Einde van die shopping en tussen Elriza en die pakkies is daar bykans nie plek vir my om te sit nie. Nie een van die pakkies is myne nie!