Friday, June 26

Verjaarsdae ver en uit die lug

Daar was 'n liedjie wat jy altyd gesing het toe jy klein was Duifie en ek kan nie al die woorde onthou nie, miskien ken iemand dit.

Dit het so begin: "Vandag is jou verjaarsdag en jy's .... jaar oud, en as jy weer verjaar dan is jy .... jaar oud." die res kan ek nie meer onthou nie MAAR

Dis vandag jou verjaarsdag seun!! Baie geluk en ons wens jou net die mooiste toe vir die opwindende jaar wat voorle! Geniet die dag daar in Onrus saam met Leane (wie se beurt is dit vir storie en foto's?). Ons het sommer vir jou verjaarsdag gaan uiteet solank :-)


Die Marina Mall is 'n tydjie nadat ons gekom het eers gebou, en so het ons die verskillende fases gesien ... Eerste die mall, toe nog meer mall, toe die toring, toe Centre Point, en nog steeds is dit nie klaar nie - maar gisteraand het ons die laaste fase wat ons nog nie ervaar het nie probeer - die draaiende restaurant aan die bo-punt van die toring.

Page2

Ek kan noem dat ons vir baie maande gespekuleer het wat daai toring moontlik kan wees. Die geleentheid .... Elriza (Charmaine se dogter) se verjaarsdag. Natuurlik sou ons James s'n ook saam soos vorige jare gevier het, maar hy is nie hier nie, dus het ons later weer 'n geleentheid om te gaan.

Page3

Ons het nog ligdag gegaan en die uitsig was ongelooflik, mens kon ver oor die dorp uitkyk in alle rigtings en sommer sien dat Abu Dhabi net 'n eiland is. Dit kan ook nie anders nie want ons sit so 126 meter hoog (rondom 55 verdiepings) in die lug terwyl ons stadig in die rondte draai en op Abu Dhabi uitkyk. Dit neem so 90 min om een keer regom te gaan en ons het dit in die lig en donker gesien :-)

Page1

Dis kos was uit die boonste rakke. Blykbaar het die chef al baie kompetisies gewen. Die verskeidenheid is nie groot nie, maar wat daar is was heerlik en smaaklik. Ons was maar bietjie skepties oor die duur restaurant, maar was heerlik verras. In vergelyking met van ons ander gunsteling restaurante was hierdie een baie gemiddeld en bekostigbaar. (Mens skakel dit net nie oor na 'n ander geldeenheid toe nie, mens werk op AD koste.

Page4

Dis beslis 'n plek wat ons weer sal besoek en besoekers na toe sal bring en aan die glimlagte kan jy sien dat almal dit geniet het. O en indien julle wonder ... Charmaine voer net een of ander "bloes-ritueel" uit :-).

Page5

Maar die fokus was op die verjaarsdagmeisie, veral toe daar 'n bos rooi rose van haar jongman by die restaurant afgelewer word. Die afrit met die hysbak was net so besonders met die liggies wat ver gesien kan word.


14 comments:

Pa-van-die-verjaarsdagseun said...

Ouboet, jy moet lekker verjaar en julle 3 moet die seevakansie geniet. Die ete was baie spesiaal, so my groot dank aan die verjaarsdag meisie en haar "borg".

Muriel said...

Baie geluk James en Riza met julle verjaarsdae, mag die Here julle seën en mag die nuwe jaar vir julle net mooi dinge inhou!!

Sjoe Sandra daar by julle is die mooiste en snaakste plekke.

Die kos lyk soooo lekker, ek kan sommer sien julle het dit geniet.

Daarsy Charmaine wys vir ons daai mooi bloes ritueel!! You go girl!!

Lekker naweek!!!
x x

William said...

Happy Birthday brother James hope its a nice day full of sea, sand and snow. Not sure about the snow but im sure its cold. Enjoy

Nimsi se Blog said...

Baie Geluk James en Elriza. Mag die nuwe lewensjaar net mooi dinge inhou.

Nelmari said...

Happy Birthday baby brother!!!:P
Hope you have a great day and an amazing year!
(Hope Leane spoils you today...)

Anonymous said...

Geluk aan die die verjaardagkinners!

Dit lyk na 'n amazing restaurant, maar het niemand hoogtevrees gehad nie? Ek sou 'n stadige dood gesterf het! :-0

Lekker naweek! Geniet die hitte, SA bibber!

mariette said...

Baie geluk aan die 2 verjaarsdag maatjies!

Mens kan sien julle het dit baie geniet. Ons sal ook bietjie 'n draai gaan maak wanneer almal weer gesond en op die been is.

my male het daar gaan eet vir hulle herdinking. Maar was nogal geskok toe hulle vir net 'n paar blare 90aed moes betaal het, maar die res van die kos en die pryse was vir hulle heel aanvaarbaar.

jyt baie mooi kiekkies gekry in die skemer lig - hulle kon nie eintlik van die liggies in die aand geneem het nie, dit was te blurie...

Lekker naweek vir julle...

Ronelle said...

Baie geluk met jou verjaarsdag James!! Mag al jou wense waar word ...
Liefdegroete
Hennik & Ronelle

James said...

Baie dankie almal vir die wense en geluk verjaardag maaitjie Elriza met jou dag ook!
Dit is nogal lekker koud hier in die kaap maar het n heerlike sonskyn dag gehad gister en die wind het ons nie weg gewaai nie.
Ek dink ek moes jaloers wees oor die draai restaurant en ek is n bietjie, maar jul moet jaloers wees oor die lekker steak wat ek geeet het. :p

Charmaine said...

James.... agteros kom ook in die kraal. Ons het jou gemis met die verjaarsdag. Maar jy was op 'n goeie plek en ons hoop die nuwe jaar is vol seen en vreugde.

Sandra said...

Aan almal dankie vir die gelukwensing.

Muriel dis 'n baie lekker restaurant, dink net hoe mooi sal die sterre op 'n oopaand lyk :-)

Boendoe jy kan steeds geniet as jy net nie by die venster gaan staan nie :-)

Desire Fourie said...

Veels geluk met al die jongmense se verjaarsdae. Daardie gemaklike stoele by die tafels in die restaurant lyk alte heerlik om te sit en smul. Mooi bly.

Sandra said...

Dis waar oor die stoele Desire - mens kan nogal op jou rug le en eet. Dan hoor ek half my ma toe ons klein was, "moenie op julle rug le en eet nie" :-)

DJ's little one said...

Hi verjaarsdagmaatjie James, baie geluk met jou verjaarsdag ook!!!! Hoop jy en Leane het nog baie om saam te fier! Riza