Wie van julle ken nie die oorbekende liedjie van Barney nie? Die pers dinosaurus wat so die kinders se verbeelding aangryp en hulle in 'n verbeeldingswereld lewenslessies leer. Wel, die bekende ster het Abu Dhabi gedurende die naweek besoek en ons het saam met klein Emily na die vertoning gaan kyk. Jennifer het ongelukkig reeds kaartjies bespreek vir 'n ander dag.
Alhoewel Emily reeds geweet het wat ons gaan kyk, was sy nogtans oorweldig deur die groot ballon Barney en al die kinders, party in Barney kostuums, met Barney poppe ens.
Maar toe Barney op verhoog verskyn kon ons nie eers haar aandag vir 'n foto kry nie., sy was in Barney se wereld. Sy het hom en die ander dopgehou en saam hande geklap met die liedjies.
Die storie het gegaan oor 'n Koning wat sy kroon verloor het en Barney wat die kroon terug neem na die kasteel toe. Die kinders het aan sy lippe gehang en dit was so oulik om te sien hoe die kinders, mamma's en selfs party pappa's saam sing en opgewonde hande klap
Saam met Emily het ek ook my klein dogtertjie Nelmari geneem, Charmaine haar dogtertjie Elriza en haar broer en skoonhus hulle kleinding Alesia.
Dit was eers na die vertoning en roomys dat Emily vir die kamera begin glimlag het. Almal van ons, groot en klein het dit geniet om na die groot vet pers dinosaurus te kyk .... Nou moet die toekomstige mamma's en ouma's bietjie die woorde van die liedjies ook gaan leer vir eendag!