Wednesday, July 2

Pret in die water

Vanoggend is ek so rooi soos 'n kreef en jy moenie aan my vat nie. Mens sal dink dat na baie jare in 'n sonnige SA en hittige Abu Dhabi ek van beter weet, maar nee. Hoekom? Gister het ons bietjie langs die see en swembad gekuier dat die kinders hulle SA winter lywe kan inkleur. My lyf oppervlakte is soveel meer as hulle s'n en dis miskien die rede hoekom ek al die rooi gekry het. Maar dit was nogtans baie pret. Kyk bietjie. Die swembad met die hotel op die agtergrond. Die kinders is doer in die verte en voor regs iemand wat ek ken :-). (Skuus maat jy het voor die kamera ingeswem)Hulle lyk maar so onskuldig, maar hulle het omtrent gesplas en speel in die water. Ok die foto is van die houtdek waarop ons sonstoele gestaan het en die oog wat daar loer is iemand met die naam van James wat sy ma van onder die vloer probeer nat maak het. Hierdie foto is vir jou ouma. Daar word besluit om op die "piesang" agter die ski-boot te gaan ry. Hier soek hulle reddingsbaadjies wat pas. Leane het maklik by die kinderkant een gekry. Lyk asof Elriza en Leane groot pret het met die aanpas. Nelmari lag ook maar William is redelik ernstig ... miskien lag hulle vir hom? Dan die beplanning oor wie sit waar. William verduidelik en Elriza besluit die middel is veilig, maar die ou kom vertel die kleintjies voor en groottes agter. Gereed om te gaan en ek kry sulke halwe wuif.



Baie rustig trek die boot hulle uit na die diep kant toe. Op die agtergrond 'n nuwe gebou in die vorm van 'n boot.




Na 'n lang tyd en baie gille kom hulle terug. (Dis dan ook tydens hierdie wag wat ek soos 'n kreef gebrand het). As julle mooi kyk, sal julle sien hoekom hulle elke keer omgeval het en wie die skuldige ou is. Na al die pret gaan drink ons ietsie koel. Dit was 'n heerlike dag alhoewel dit lekker warm was.

8 comments:

Anonymous said...

Dit lyk darem maar alte lekker en dit lyk of die kinders groot pret gehad het!! Lieflike hotel en swembad waar julle was!

Anonymous said...

Ek is dikbek, sommer baie dikbek!

Anonymous said...

Hehehe!!! die-pa-wat-in-kabul-sit sal 'n plan moet maak!! Hy loose uit, big time!!

Anonymous said...

Thea ja die kinders het groot pret gehad, hulle is net "kwaad" vandag dat die oumense soveel meer gebrand het.

Anonymous said...

Ja die grootmense is jammer dat hulle nie sonbrandroom aangesmeer het nie... se nog 'n rooi tannie met seer skouers.. maar dit was heerlik en dis ok van die foto maat ;-)Charmaine

Anonymous said...

hallo julle, dis lekker by die see ;-)!!! Elriza

Anonymous said...

Dankie vir die ok!!

Ja dis lekker by die see Elriza en dit was lekker om jou ook saam te he

Muriel said...

Sjoe dit lyk lekker!!!