Thursday, July 31

Abu Dhabi droom groot

Daar word algemeen gese dat Dubai eintlik net een groot construction site is met al die bouwerk wat daar plaasvind. Hier in Abu Dhabi is daar sedert Sheikh Zayed se dood ook groot uitbreidings aan die gang, maar ons voel en sien dit nie altyd voordat dit klaar is. Een so 'n projek het ek tydens die kinders se besoek aan die Emirates Paleis van nader gaan bekyk en was vreeslik beindruk. Vir die wat nie weet nie, Abu Dhabi is eintlik 'n eiland wat slegs met twee brue bereik kan word. Orals rondom Abu Dhabi is daar kleiner eilande wat nog altyd lekker braai- en kuierplekkies was. Een van Charmaine se vriendinne het 'n paar jaar terug hier kom kuier en Eddie het ons met die boot uitgeneem na een van die eilande toe waar ons ontbyt geeet het. Hier kan julle sien hoe "vlak" die "diep" see rondom die eilande is, die boot moet ver vasgemeer word. En dan is die water so skoon, blou en warm dat mens net daar wil swem al is jou swemklere by die huis. Nog 'n eiland op die agtergrond.



Maar nou, net 'n paar jaar later het die stadsvaders geld geruik en een van die eilande Saadiyat (island of happiness) word ontwikkel. Die hele projek behoort teen 2018 klaar te wees (ek dink nie ek sal dan meer in die dorp wees nie). Die eiland sal in verskillende "distrikte" gedeel en in spesifieke temas ontwikkel word. As dit klaar is sal daar 7 distrikte wees wat oa ook behuising vir 150 000 en 'n Gary Player golfbaan insluit. Die eiland sal met twee groot brue aan Abu Dhabi verbind word. Die punt van die eiland op die foto uit hulle tydskrif sien mens die distrik wat my beindruk het, die kultuurdistrik. Dit sal oa uit 'n Guggenheim Abu Dhabi contemporary art museum, 'n Louvre Abu Dhabi universal museum, 'n performing arts centre, 'n maritime museum, die Sheikh Zayed National Museum en 'n Biennale Park met 19 paviljoene bestaan!! Leane loer na die voorbeeld van die Guggenheim Abu Dhabi wat die enigste van sy soort in die Middel Ooste sal wees en die wereld se grootste Guggenheim museum. Dit sal 320 000vk voet wees met 13 000 vk voet uitstallings spasie. Permanente en spesiale uitstallings, 'n kuns en tegnologie sentrum, opvoedingsdeel vir kinders, argriewe, biblioteek, navorsingssentrum en kuns labatorium sal deel van die Guggenheim uitmaak. Die ander een wat James so na loer is die Abu Dhabi Louvre. Hierdie projek is na aanleiding van 'n 30 jaar kultuur kontrak tussen Abu Dhabi en Frankryk en sal ook 6000vkm permanente uitstalling en 2000 vkm tydelike uitstallings huisves. Museum nr 3 is die Sheik Zayed Nasionale Museum van 130 000 vkm wat 5 uitstallings gaan huisves. Hierdie man het 'n groot rol in Abu Dhabi en die UAE se geskiedenis gespeel en selfs ons wat nog hier was met sy bewind weet dat hy 'n regte mens mens was wat omgegee het vir die land, sy mense en die besoekers aan sy land. Die uitstallings gaan (1) sy rol in die UAE geskiedenis (2) in die UAE se omgewing (3) die UAE se ontwikkeling (4) Opleiding en (5) Unity through Leadership uitbeeld. Dan is daar ook die Maritieme musuem wat geinspreer gaan is deur Abu Dhabi se natuurlik natuurskoon en die rol wat die see in sy geskiedenis gespeel het. Dis moeilik om te beskryf hoe die projek gaan lyk want dis soos 'n skip met water rondom en paadjies wat onder die water verdwyn waar besoekers na die uitstallings kan kyk. Die laaste gebou in die kultuurdistrik gaan die Uitvoerende Kunste een wees. En laat ek julle maar vertel dit is indrukwekkend. Dit gaan 62 meter hoog wees met vyf teaters, 'n musiek saal, operahuis, drama teater en 'n algemene teater wat 6300 mense kan huisves. Dit is 1100 meer as die London's Royal Albert Hall!!! Deel van hierdie kompleks gaan ook die Akademie van Uitvoerende kunste huisves.




Hierdie kultuurdistrik is die punt van die eiland, kan julle dink wat in die ander 6 distrikte beplan gaan word?!

8 comments:

Anonymous said...

Wow dis ongelooflike ontwikkeling en ALLES reeds uitgedink en beplan en in wording. Ek wonder wie van ons dit nog sal sien.. maar ons kinders sal sekerlik kan terugkom om dit als te beleef. Intussen ry ons maar tussen die konstruksie sites deur en kou stof en asem sement dampe in..Dis deel van die prys van ontwikkeling. Maar wat 'n voorreg om hier te bly. Dis 'n ongelooflike land

Anonymous said...

Sandra
Is dit dieselfde ontwikkeling waar die eilande verskillende lande gaan uitbeeld of waaraan dink ek
Annie

Anonymous said...

Maat Abu Dhabi se stof is darem nie so erg soos Dubai s'n nie.

Nee Annie daai ontwikkeling is in Dubai - die wereld eilande en is reeds klaar. Ek sal bietjie kyk wat ek daaroor kan wys binnekort.

Muriel said...

Ek stem saam dit is 'n ongelooflike land en julle is bevoorreg!!

Geniet dit!

Anonymous said...

Nou ja, daar het ek nou alweer vandag iets oor Abu Dhabi geleer wat ek nie geweet het nie. Dankie Sandra!!

Anonymous said...

Muriel ons geniet, sukkel net bietjie met die hitte party dae

Ek leer elke dag self meer van hierdie plek waar ons bly Thea. Die ontwikkelings is so groot en so vinnig dat ek amper voel hier was niks toe ons gekom het nie.

Anonymous said...

Ek dink AD se ontwikkeling is baie meer prakties as dubai sin en darem meer vir almal wat daar bly, dis nie net iets vir mense met baie geld nie. En dit is goed. Maak dit minder van 'n kans dat dit kan flop.

Anonymous said...

Ek stem saam seun, parke en kultuurgoed is deel van die ontwikkeling anders as die gebou op gebou van Dubai