Die laaste paar dae is daar bietjie tong-in-die-kies gespot oor die ouderdom, maar die feit van die saak is - ons val nou in die ouma kategorie. Of soos ons nou die dag opgemerk het in 'n meningsvorm by die restaurant, die ouderdom tick is in die laaste blokkie ... ons is ampertjies van die bladsy af! Dit beteken nie ons is oud nie!
Een van die lekker dinge hier in Abu Dhabi is dat ons nou ook partykeer "ouma" kan wees vir kleintjies. Gereelde lesers sal weet dat ek graag ouma speel vir klein Emily want die meisiekind het hier by ons groot geword. Het lank laas van haar vertel want sy kuier bietjie by haar regte ouma en oupa maar gelukkig het twee oulike kleinmensies verlede week bietjie gekuier.
5 comments:
Ai Sandra, julle is gelukkig om so lekker pop te speel met die kleingoed! Ek se net gisteraand vir my man ek raak lekker broeis, maar ons seuns het nie eers een 'n meisie op die oomblik nie!!
Ja Thea ons is gelukkig om sulke oulike kleintjies te he om mee te speel en te oefen vir wanneer ons eendag kleinkinders het!
Net se, daardie trein wat sy Abu-Dhabi 'ouma' vir hom gegee het, gaan slaap party aande saam ons in die bed.- ek moes al een oggend 3uur opstaan en dit vir hom gaan haal het.
nogmaals baie dankie.
hy sien uit na sy vlgde kuier by tannie Sandra.
Dis 'n plesier ek geniet hom. Is bly hy geniet die treintjie
Dis altyd lekker om klein kindertjies in mens se lewe te hĂȘ.
Ek kan sommer sien julle het dit geniet
Post a Comment