Friday, July 25

My laaste blog?

Ek lees op baie van die afrikaanse blogs dat die mense maar erg krapperig en moeilik met mekaar is en miskien is ek ook effens aan die moeilikheid soek met hierdie video :-), maar julle ken van versoekings ne .... Na baie oorreding van my en klomp ander .... hier is my maatjie besig om een van haar skoolhits te sing van die 40's of miskien die 20's ek's nie seker nie. (Sy was saam met emily hobhouse op skool as ek reg onthou )

Sy was oorspronklik besig om 'n liedjie te doen vir 'n kinderdiens vir Elriza toe sy teruggevoer is na lank lank lank gelede. Geniet!

ps Ek het toestemming om dit vir 'n kort tydjie gedurende 'n naweek wanneer min mense die blog lees op te sit. Al het ek toestemming gaan ek nou wegkruip vir 'n tydjie totdat die stof gaan le het. Lekker naweek almal!

23 comments:

Anonymous said...

Wow tannie dis moooi!!
Ek het die CD maar waar kan ek die DVD met die bewegings kry?

Ek sal maar moet vir die LIVE konsert moet wag...

Anonymous said...

Saam met Emily Hobhouse op skool sê jy!! En dan noem jy haar jou maatjie?? ;-)

Oulik tannie Charmaine!! ;-)

Lekker naweek vir julle ook!

NS: Ek begin ook solank te hardloop!
:lol:

Anonymous said...

My ma het soveel guts om so gek te skeer met haarself dink julle nie? Ek's trots bo op haar! Was daar nie nog 'n tweede versie nie Tannie? ;-D Groete en liefde. Elriza

Anonymous said...

Nelmari ons is bevoorreg om haar persoonlik te kan sien sing!

Thea ek moes dit twee keer lees net om seker te maak - se jy vir my ek's in dieselfde ouderdomsgroep?! Jy beter hardloop!

Dankie dat jy my onthou het van die tweede versie Elriza. Dis mos die een waar sy haar romp so swaai :-). Net so tussen ons, sy het guts ja en sy's 'n groot sport maar moet haar nie vertel nie.

Thea said...

Whahaha Sandra, nee wat ek sê is - Sies, jy's lelik met jou maatjie want jy sê sy's oud!! ;-)

En ek joke net hoor...

Desire Fourie said...

Mmm ... en jy het gedink minder bloggers blog oor naweke ... ek dink jy het die kat aan die stert beet.
Baie groete van SA
Desire

Anonymous said...

Thea ok sy's nie heeltemal so oud nie, net 'n klein bietjie maar dit beteken nie jy mag haar kant kies nie :-).

Hi Desire lekker om weer van jou te hoor. Solank Charmaine net nie uitvind daar is baie wat haar video kyk nie.

Anonymous said...

O jinne... ek dink ek moet nou onder cover gaan...

Nelmari mens mag nie spot nie hoor.

Thea, ja, vertel vir TANNIE Sandra sy moet fyn trap oor die ouderdom en als..

Meis.... sjjjjuuuuuuttttt... daar is geen tweede versie nie. :-O Een van die is heeltemal genoeg. Ek sal dit eendag vir die kleinkinders leer.

Desire, dis goed jy waarsku my oor die naweek bloggers.. Ek sal dit verseker onthou.

Maat, die naweek is nou verby onthou....

Muriel said...

Charmaine is die grootste pret. Dit klink seker snaaks, maar ek word al liewer vir haar!! Is dit nie weird? Ek sit ver van haar af, maar sy het al so diep in my hart gekruip met al haar mannewales!! Eers waai sy vir my van 'n bootjie saam die dolfyne, dan sing sy vir my 'n liedjie. Julle woestyn mense "rock" !!!

Dit is so mooi!!!! En ek het dit afgelaai op my rekenaar!!! Maar ek sal dit net vir myself bêre, ek belowe!! (Daar is natuurlik 'n mooi boodskappie in hierdie liedjie)

Skielik is die mooi sommer weer in my lewe terug.

Dankie Sandra en al my "beste" blogpêlle in die woestyn. Julle het die smile terug op my gesig.

(Sandra wanneer kan ons nou 'n foto en video van jou sien?????)

Thea whahaha het jy al begin hardloop, ek dink dis ook maar goed jy is so ver weg!

Anonymous said...

Maat het ons gepraat van SA of UAE naweek?

Muriel een van die voordele om 'n "ouer" maatjie te he is dat sy haar kamera altyd by die huis vergeet :-), so video van my ... ek dink nie in die nabye toekoms nie. Sal seker nou my agterhoede moet dek! Bly jy het dit geniet en ja sy is 'n groot sport!

Anonymous said...

ns Muriel

Ken jy die liedjie van daardie tyd?! Soos Elriza se die tweede versie is ook oulik met baie meer byklanke!

Anonymous said...

Hey hey hey julle twee... ek chech al die korrespoondensie wat hier aangaan en maat ja, nou sal ons baie graag ook 'n videotjie van jou wil opsit. As ek, soos jy se, my kamera kan onthou. Maar jy sal my help ne Nelmari?

Muriel, die maatjie van my is baie slim en sy koes beter as enige iets wat jy al gesien het. Ek kan nie vir jou se hoeveel fotos ek van haar agterkop het nie.:-)Ons is bly as ons bietjie sonskyn bring in die koue Suid Afrika. Dis baie lekker om so met jou te gesels op die blog en jou te leer ken.Ons geniet jou kommentare vreeslik baie.

Muriel said...

Ek het nou al vir almal hier die video gewys!! Dis Sondag en almal is hier vir middag ete ;)

Charmaine jy het sommiges sommer met trane in die oë.

Nee ek ken nie die liedjie of die 2de versie??? Waar kan ek die lirieke kry?

Charmaine dis jou werkie om vir ons te wys hoe Sandra lyk!! Dis unfair dat ons weet hoe almal lyk behalwe die "author" van die blog!!
Ons sien net altyd die mooi kinders en ondeunde vriendin.... en daar stop dit. hahaha

Dankie vir die mooi woorde Charmaine, ek kuier net so lekker saam julle!

Dankie ook vir al jou werk met die geblog Sandra. My mense staan verstom oor hierdie verlore stad inskrywing.

Ek is nou gedurig aan die gesels oor Dubai en my reënboog prins ag sorry uh ek bedoel Sheikh!! Wat sulke wonderlike dinge doen.

Toe ek klein was, was my "fairytale" altyd dat ek deur 'n Sheikh ontvoer word op 'n kameel. Seker die dat ek vandag nog so mal is oor kamele whaha (bloos)

Daar leer julle nou nog 'n geheimpie. Geen Cinderella stories vir hierdie klein Muriel nie. Nee, nee dit was Sheiks, Piramides, woestyne en kamele.

Dis natuurlik ook omdat ek op hierdie "fairytale" trip was dat ek jou blog ontdek het Sandra!!

Mooi bly julle!! Dat Muriel - aka Sheika die mense in die Harem gaan kos voer!!

Anonymous said...

Nee ek stem!! Dis tyd dat ons bietjie vir Sandra te siene kry! Ons het 'n vriendin in die woestyn en ons weet nie eers hoe sy lyk nie! Charmaine, span bietjie vir Nelmari in dat ons vir tannie Sandra te siene kry!! :lol:

Muriel het my nou ook glad al aan die oplees oor hierdie Rainbow sheikh. Julle moet nou nie vergeet om my ook te laat weet wanneer en waar ons date met hom is nie hoor! ;-)

Anonymous said...

Maat ek's soet en bly uit die moeilikheid dis hoekom daar nie video's van my beskikbaar is nie!

En Thea en Muriel julle het eers onlangs begin lees daar is foto's so plek-plek!

En onthou ek het kopiereg op daardie CD en video van Charmaine, dit mag nie versprei word nie hoor!

O ja maat sien jy as ek die video vandag afgehaal het, het almal uitgemis

Anonymous said...

Ek onderneem plegtig om vir julle te wys en te vertel van die spesiale mens wat hierdie blog doen. En Nelmari jy sal help ne?

Ons het mos maar almal ons drome gehad en of dit nou prinse of Sheikhs is, ons wil almal prinsesse wees.

Ek sal jou die lirieke stuur Muriel en die storie vertel.. sommer gou

Anonymous said...

Thea en Muriel ek het oulike foto's van Sandra - stuur net julle epos adresse vir my ...

Anonymous said...

Ronelle waar kom jy nou vandaan om ook 'n eiertjie te le oor die foto's? Jinne!

Muriel said...

Ronelle dankie my adres:
muriel at scene dot co dot za

Ek kan nie wag nie Charmaine. Ek wil dit solank bêre vir my kleinkinders en ek het nou die wysie, danksy jou. hie hie ;)

Thea het jy toe al gegoogle oor die Sheikh? Jy moet ook kyk ek het 'n link op Charmaine se blog gelos oor Dubai se ryk mense.

Sandra jy moet hier ietsie op jou blog sit dat jou skrywes en foto's kopiereg op het!!

Anonymous said...

Muriel jy's duidelik nie aan my kant nie.

Anonymous said...

Wow grandma you really good. I can see the grandchildren doing that trick :-). Riza tells me the second one much better, I would like to see it. Please!!!

Anonymous said...

Hi uncle DJ. Sure you can see it... in the privacy of your owm home when the first grandchild is there... a gift for the new baby... :-) How does that sound

Anonymous said...

Maat ek dink dis baie selfsugtig om so iets net vir jou kleinkinders te hou