Tuesday, July 15

'n Vinnige draai in Al Ain

'n Vinnige besoekie aan Al Ain net sodat Leane die dorp kan sien. Al Ain in Arabies العين, beteken "The Spring" en dit is die vierde grootste dorp in die UAE. Dit grens aan Oman en is omtrent 150 km vanaf Abu Dhabi. Alhoewel hulle van Al Ain praat as die garden city is dit die dorp waar die vorige en eerste president van die land gebore is en is dit meer bekend vir sy kulturele geskiedenis van die land. Daar was net tyd om twee van die besienswaardighede te gaan besoek.Een van hulle is die Jebel Hafeet berg wat 1340 m hoog is. Die pad kronkel vir so 11.7 km boontoe met 'n 3 laan teerpad. Hulle se daar is 21 draaie tot bo. Die pad lei na drie goed toe ... Eerste regbo die uitsig waar mens na Saudi en Oman se kant kan uitkyk en ook die plase aan die onderkant kan sien. Tweedens en ek neem aan vir hulle die belangrikste, lei die pad na een van die paleise toe wat reg bo-op die berg gebou is. Kan julle indink hoe moeilik dit moes gewees het? En die derde en nuutste toevoeging is die hotel in die middel. 'n Heerlike "oase" vir 'n warm dag. Die berg lyk nie soos berge wat ons ken nie, dis verskriklik "klipperig" en vaal. James probeer 'n poging aanwend om te klim, maar dis nie sy sterkpunt nie.Aan die voet van die berg is die "Green Mubazarrah" wat spesiaal vir toeriste ontwikkel is. Mense julle moet mooi kyk. Die groen berg is gras wat op die berg geplant is en word elke dag besproei!! Dis hier waar mens een van die ondergrondse waterbronne van Al Ain kry. Leane voel die water wat uit die grond uitkom. Die waterbronne vloei alles in 'n mensgemaakte "lake" met baie vissies. 'n Ander moet om te sien is een van die oorspronklike Oases. Al Ain het 7 van hulle wat eintlik vertel dat die dorpie regtig as 'n rusplek in die woestyn gedien het. Mens kan baie lekker deur hulle stap en ry. As jy in die motor bly kan jy jou amper verbeel dis heerlik koel. Leane staan in een van die watervore. Die dadelbome dra almal swaar op die oomblik aan die dadels. In die dorp word hulle vasgebind, maar hier kan mens sien dis ou bome en hulle het trosse! Neem kennis nie sommer enige iemand kan die oase binnegaan nie ... net eienaars en toeriste. Wie presies sluit dit uit? Die mense wat Al Ain ken sal se hoekom net twee plekkies besoek daar is mos baie ander goed om te sien?! Kyk na die temperatuur in die motor ... mens wil so gou moontlik by die huis kom, die 50's is met en op ons!

7 comments:

jackieo said...

Sandra - dit is eintlik baie mooi daar, maar sjoe die hitte!!! Raak mens ooit gewoond daaraan?

Muriel said...

Dis warm!!!!!!!!!!!
Ek is mal oor die dadelbome, baie mooi dorp!

Anonymous said...

Sue mens raak op 'n stadium gewoond aan die hitte. Jy moet sien hoe bewe ons as dit minder as 25 is.

Muriel Al Ain is so 'n lekker plattelandse dorp met min hoe geboue en ja dis BAIE warm op die oomblik.

Anonymous said...

Dit lyk na 'n interessante plekkie!! Lieflike dadelbome!

Goeiste, ek weet nie hoe leef mens as dit sò warm is nie. Ons is so iets glad nie hier gewoond nie!

Anonymous said...

Thea die ergste van die hitte is die humiditeit wat ook hier in die 90%+ omtrek is

eilandkind/islandchild said...

Ek was daar gewees! Dit was 13 jaar gelede en dit lyk baie meer ontwikkel nou.
Dis 'n ru, maar mooi wereld, veral teen skemer.
Sjoe, dis so warm daar en ek kla oor 32'C!
Ek sal nie daar kan bly nie, as jou aircon breek gaan jy sommer dood!
Dankie vir jou besoekie aan my blog.

Anonymous said...

Welkom hier Eilandkind. Ja ac's is 'n GROOT probleem! Het jy in Al Ain gekuier of gebly?