Saturday, July 12

Besoekie aan die woestyn

Tien jaar terug was die woestyn nog taamlik naby aan die dorp en het mens vinnig kon uitry om daar te gaan braai of rondjaag. Toe is die GPS nog gebruik om jou pad in die woestyn te kry ... nou gebruik mense dit om winkels in die dorp te kry. Ek moet noem dat met duine wat lekker kan rondskuif, was die masjientjie ook nie altyd spot on nie...vandag is dit die paaie wat verander. Behalwe dat die woestyn nou verder weg is en dit ook somer en dan gaan jy nie regtig hitte in die woestyn soek nie. Eddie het egter vir Leane gaan wys en hulle is maar laat hier weg, net so voordat die son sak. Natuurlik was die temperatuur nog in die 30's. Gou-gou is die twee besig om in die sand rond te krap .. ek vermoed vir klippies of iets. Woestyn kunswerke. Nie die gesiggies nie of miskien wel. Kyk hoe is die sand weggewaai om hierdie indukwekkende strukture te los. Die sand maak allerhande patroontjies en Leane stel baie belang daarin. Ek kan ook noem dat die kleur van elke Emiraat se woestynsand anders is. Hier soek die twee alweer. In die agtergrond kan julle die dorp se liggies sien. Dit kom al hoe nader. Mens kan bergklim ook hier in die sand. Wanneer die son heeltemal onder is, is daar min plekke waar mens die maan en sterre so helder kan sien as in die woestyn. Dit lyk partykeer so naby dat mens net jou hand kan uitsteek en daaraan vat.

8 comments:

Muriel said...

Sjoe ek sal graag die maan en sterre van daar af wil sien!!

Die woestyn sand kunswerke is fantasties..ongelooflik mooi!!

Sandra jy neem pragtige foto's!

Anonymous said...

Muriel ek kan ongelukkig nie krediet neem vir die foto's nie, Eddie het dit geneem.

Ek werk met 'n mik en druk :-)

ICE said...

Hi Sandra!

Eddie, Nice foto's!

Laaik jou wysheid Sandra.
Misluk liewer in die taak wat jy verrig as om in niksdoen uit te blink.

Anonymous said...

Hi Ice

Welkom hier

Anonymous said...

Dit moet 'n belewenis wees om in die woestyn te wees na sononder! Baie interessant die patroontjies wat die sand vorm ook!!

Gaan ek nou 'n dom vraag vra as ek vra of daar nog Arabiere is wat in tente in die woestyn woon?

Anonymous said...

hi Thea ja hulle word die bedouine genoem en volgens wat ek gehoor het is daar nog van hulle. Ek dink net meer "toegerus" as vroeer. By die museum wat ons vandag besoek het werk van die ou bedouine vroue wat wys hoe tradisionele goed nog gemaak word.

Anonymous said...

Dit is nou pragtig om dit te sien. mens sal seker nie met 'n gewone kar daar kan uit kom nie of sal ons kan?
lekker week!

Anonymous said...

Hi Mariette

Daar is 'n plekkie waar mens nog met 'n motor kan ry en dan 'n entjie loop, maar dis moontlik. Anders wag bietjie tot dit koeler word, dan reel ons ietsie