Monday, July 28

Hoe ver terug onthou jy?

Onthou julle nog die dae voor televisie? Die groot rol wat radio gespeel het? Ek het nie baie radio geluister nie, maar ek onthou hoe ons almal rondom een gesit en sport luister het. Hoe Gerhard Vivier die sportprentjie kon inkleur dat ons gevoel het ons sit daar op die pawiljoene. Ek dink daar was dalkies toe minder leunstoel-springbok-kykers ook en mens het staat gemaak op die kommentator en jou verbeelding. Jy het so saam met Ian McCullum agtertoe getree, vorentoe gehardloop en die bal sien trek .... mooi, dis oor ... nee dis mis! Of Charles Fortune wat so mooi kon vertel van die stadion waar die krieket gespeel is en die voeltjies wat wurmpies uithaal sonder om die telling te gee ...

Weeksdae het ons stories geluister op Springbokradio. Ek het nie regtig in die aand geluister nie behalwe die Top 20 en natuurlik die Sarie kompetisie. Partykeer op 'n vrydagaand het my pa ons inry toe geneem en dan moes ons wag voordat ons die luidsprekers in die motor kon aansit want pa het eers squad cars geluister. Onthou julle daardie dae? Pip Freedman, Leslie Green, Die Rise and Shine show/Ontbytsessie saam met Danie Smuts en Clark McKay? Of Esme en Jan se So maak mens Die ou advertensie klingels tussen die stories van oa Coke deur die Dealians, Chevrolet se Braai vleis en sonskyn advertensie of E N O! En die stories van Taxi, Inspector Car Investigates, Die Mannheim sage, Hospitaaltyd en Men from the Ministry. As jy op die links kliek gaan jy verseker terug in tyd want vanaf 1 Julie is Springbokradio terug op die lug (op die internet) met 'n argief vol van onthou's. Die jonges sal wil lag vir wat ons geluister het en die oues sal heerlike herinneringe he. Geniet

23 comments:

Anonymous said...

Hierdie is 'n trip down memory lane.. ek kan my verbeel ek sit op die plaas op die stoep en luister radio. Ek kan amper saaam met al die advertensies sit.. ai... waar is die dae..

Anonymous said...

sing... nie sit nie.. ag tog, nou moet ek sowaar my ouderdom weggee op so manier..:-)

Anonymous said...

Hey
Lyk my iemand anders gaan ook nou haar ouderdom weggee Charmaine as sy so goed die dinge kan onthou wat vir ons deel van grootword was!!! verander sy nie een of ander tyd haar voornommer nie?? Dink julle nie dit was baie lekkerder om die rugby te luister en nie te kyk nie? Niemand kon met die rev stry nie! Haha Annie

Anonymous said...

Maat die prentjie van jou op die plaas met die radio .... ja dis toe Jan van Riebeeck nog in die Kaap was :-)

Annie ek kry die gevoel jy kies Charmaine se kant hier, maar dis ok. Onthou waar ek was toe jy daai ouderdom geslaan het? Ek hoop jy is hier as dit met my gebeur.

Muriel said...

Hierdie was nou 'n lekker inskrywing. Dankie Sandra.

Esmè en Jan, Die Mannheim sage, ai waar is die dae heen! David Gresham se top 20! En die springbok hit parade plate. En die storie van Ma Mathilda en Mitz, wat was die naam van daardie storie? My geheue laat my effens in die steek.

Dit was sulke lekker dae.

Nou weet julle ook hoe oud is ek, bloos bloos sluip ek hier weg. (Net nou word ek ook gespot, dat ek saam ou Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het) whahaha

Anonymous said...

hey Sandra
ons is aan dieselfde kant wat dit aanbetref. Dis nou ek en Charmaine. As die party daar is ..... mens weet nooit!!
AN

Anonymous said...

Muriel ...Ma Mathilda en Mitz?? seker voor my tyd, miskien sal Charmaine dit onthou :-).

Annie as ons weet jy kom beplan ons defnitief 'n partytjie!!!

Anonymous said...

mmmmmmmm kan ek jou vloere kom vryf om die vliegtuig te betaal
AN

Anonymous said...

Hallo julle ou tannies ;-D dit lyk as mens te lank weg bly van die blog af dan mis mens uit, mam het sommer 19 inskrywings op daai blommetjie video was soos om 'n boek te lees. Julle moet mooi bly en ek het nie 'n clue wie die springbok radio mense of hulle shows is nie, maar ek weet my ma sing lekker die ENO liedjie saam. Liefde en groete. Elriza

Anonymous said...

Annie nee jong my voornommer gaan nog 'n ruk bly... have a heart. As ek nog hier is as Sandra se voornommer verander dan sal daar 'n groot partytjie wees en van daardie duur koek van die Emirates paleis... Jy sal ook hier wees. Ons sal seker maak daarvan.

Muriel en Sandra ek kan onthou van Ma Mathilda en Mitz maar onthou ook nie die storie se naam nie maar onthou julle die Geheim van Nantes en Gaitsigoebib? Ek spel dit nou net soos dit klink... dis het so indruk op my gemaak.

Meis jy het ongelukkig 'n gat in jou opvoeding omdat jy uitgemis het op Springbokradio en al die lekker musiek en stories.. maar jy het darem Storieman geluister..:-)Ek sing die Eno liedjie as ek Eno drink anders werk dit nie so goed nie

Anonymous said...

Annie sien jy sal by die partytjie wees!!

Muriel wat het ek jou gese, Charmaine onthou daai program. Haar geheue nie te sleg vir haar ouderdom nie.

Elriza van watter ou tannies praat jy nou, tannie Annie en jou ma?! Jy moet maar bietjie na daardie advertensie klingels luister mens is nooit te jonk om te leer nie ;-)

Maat wat kan ek se, jy bewys my elke keer reg :-)

ICE said...

Ahhh!

Johny Peters, Happy Harry of te wel Pip Freedman!

Goeie ou Springbok Radio!

Squad cars, Patrolie 33 Charlie, Wolwedans in die Skemer en natuurlik Gerhard Viviers met die rugby. Jet Jungle, Siembamba, Agent K-OO-S, Staal Burger met sy Doedies,en natuurlik die Sondag versoeke vir die Troepies!

Anonymous said...

ICE dis 'n klomp favorites oor 'n lang tydperk ne. Siembamba Rugby en Troepies! Ek het amper vergeet van Staal Burger en sy Doedies, dit het mense vasgenael voor die radio gehad.

Anonymous said...

Hey wag so bietjie ons is nog tannies , Sandra, jy praat al van ouma wees!!!!Dit lyk my ek sal maar kussinkies vir my kniee moet begin maak, ek sien ek sal baie vloere moet was.
Ag die geheim van Nantes - wat n mooi storie .....
Hi charmaine, ons voornommers is nou die regte soort - dis Sandra wat nie mooi inpas nie.
Hello Elriza, hoe gaan dit
Annie

Anonymous said...

Annie ek se "instaan" ouma my kinders is nog TE jonk. Wie dink jy gaan eerste ouma wees jy of Charmaine of ekke?

Anonymous said...

Ons kan lekker geld maak as ons dit oopsit om op te wed. Ma ons hou die geheim vir ons drie, ons laat ander mense die raai werk doen.
AN

Anonymous said...

Eerste keer wat ek hier kuier en het dit geniet!! Ja ek onthou vir tannie Esme baie goed! Ai, die storietyd na skool in die middae....!!

Anonymous said...

Annie op die huidige stand van sake het Charmaine defnitief 'n voorsprong op ons. Sy het 3 wat reg is vir trou.

Welkom hier Tersia! Ja ons het lekker vinnig huistoe gegaan om die half drie storie te kan luister!

Anonymous said...

Ja ek dink en ek hoop en wen hierdie eerste ouma wees kompetisie. Ek wag mos al die langste of hoe?

Die Springbokradio stories was in my st 5 jaar die hoogtepunt van die dag. Ek was in die koshuis en ons kon die Geheim van Nantes luister. Ons het almal op die trap in die koshuis gesit en ons Glooks gekam.. en storie geluister....het julle Gloooks gehad? Myne was so swart en wit ene... baie mooi

Anonymous said...

Ek dink ook jy gaan die kompetisie wen :-)

Waarvan praat jy ... glooks? Ek dog eers dis 'n tikfout en toe sien ek dit weer. Wat is dit? Voor my tyd?

eilandkind/islandchild said...

Hi, my internet was af en dit was naweek en ek kom nou eers hier uit. Dit rérig geniet.
Ek onthou nog baie dae in die sonnetjie op die plaas stoep, op 'n Saterdag, met Afrikaanse treffers op die agtergrond.
Lekker ou dae....
Jou Dubai en Abu Dhabi blogs is amazing, mens wonder waar gaan hulle stop.

eilandkind/islandchild said...

Ai, ek het na daai 'So maak mens' clip gaan luister en sommer trane in my oé gekry!
Goeie ou dae en ek besef nou eers wanneer laas ek Afrikaans gehoor het, gaan sommer nou my Anna Davel CD opsit!

Petro said...

Wens ek kon Patrollie 33 Charlie weer luister. Was in my matriekjaar en het die LAASTE episode gemis en tot vandag toe spyt.