Monday, June 30

Ons koel so 'n bietjie af

Enige sport wat mens met 'n A/C kan speel, is redelik gewild hier, met sport op die ys as van die gewildste. So dis net goed dat ons tussen die rugby, sokker en krieket kyk op die televisie 'n bietjie gaan ysskaats ook. Hulle waarsku ons dat 'n groep van die "summer holiday camp" ook op die baan is, maar alles is redelik stil terwyl die skoene aangetrek word. Meisies en seuns trek apart aan want mens kan tog nie jou enkels vir die ander een wys nie ...Die baan is redelik vol en dit nogals tienuur in die oggend. Kyk die ou op die linkerkant met sy "rok" aan. In die winter kan hulle ook ander kleure as wit rokke dra en hierdie ou het sy winteruitrusting aan vir die skaats. Ek moes hierdie ou oppad baan toe afneem .... sy skaatse is nie vas nie en hy loop behoorlik langs die skoene. Bbbrrrr dis koud om met 'n rok te skaats. Van die meisies het jeans aan maar dra nog steeds die kopdokke terwyl hulle skaats. Ek dink dit hellp seker met die koue ook. Leane se voete is 'n bietjie wankelrig aan die begin maar sy bly bo. Die seuns kom vinnig om die baan geskaats. Kyk ma geen hande .... Leane skaats mooi op haar eie met James wat die agterhoede dek. Iets wat mens nie aldag sien nie. 'n Meisie en seun in hulle tradisionele drag saam om die ys en hulle hou mekaar vas!! Sjoe as hulle ouers moet weet sal hulle seker die ysskaatsbaan 'n sondige plek noem.

3 comments:

Muriel said...

Ek was mal oor ysskaats toe ek jonk was, het groot gegaan in die sport het ook yshokkie gespeel. Ai die dae hoe laat jy my nou terug verlang.

Sandra ek bekyk hierdie vrou wat met tradisionele drag skaats. Dit sal mos 'n vreeslike affêre afgee as sy bene oor kop slaan, jy gaan net rok sien trek, oor die kop.... hie hie

Dankie
Ek het dit baie geniet!

Anonymous said...

Muriel hulle is vir my baie snaaks as hulle met die rokke draf ook. Die nuutste is crocs wat onder die swart gewaad uitsteek

Muriel said...

He he crocs vertel jy my! Wel hulle sê dit is gemaklik. Sandra ek loer nou net die tempratuur hier langsaan, dis warm daar by julle :shock: