Friday, July 18

Tee by die paleis

Die kinders se kuiertjie het uitgehardloop, maar daar is nog twee plekke wat besoek is wat ek nog nie van vertel het nie. Die een is eksklusief en 'n voorskou van die nuwe Atlantis hotel van Sol Kerzner wat eers sy deure in September oopmaak en die ander een is een van die min 7ster hotelle in die wereld, die Emirates Paleis. Van die Atlantis vertel ek in die week dit is iets besonders met slides wat tussen die haaie ingly en dolfyne ens. ens. Kyk ek het ook al ernstig gelag oor wat geskryf is oor die Emirates Paleis en dit deur ons eie mense. Laat ek maar vertel dat SA se brandstofgeld nie hiervoor betaal het nie en dat alhoewel daar 'n royal vleuel is, is dit regtig egtig 'n hotel en nie 'n paleis nie ---- alhoewel die naam Emirates Paleis is. Hulle sal my mos nooit in 'n paleis toelaat nie. Alles is groot en luuks en ek dink 'n vermorsing van spasies, maar dis waarvoor baie mense betaal. Hierdie is een van die binnehowe in die paleis en die kinders lyk sommer klein. Die koepel is ook baie indrukwekkend. Twee van die matte teen die mure is van die paleis self. Ek kan net dink hoe lank dit geneem het om te weef. Hierdie een is van die paleis in die dag. Aan die ander kant is die een van 'n aandtoneel. Hierdie venster tussen die twee matte kyk uit op die see. Ons het eintlik kom tee drink en die kinders sien daar is twee uitstallings. Een van Picasso en een van nuwe ontwikkeling vir Abu Dhabi. (Daarvan moet ek nog later vertel) As jy dalkies die Picasso museum wou besoek sal jy baie ongelukkig wees, want dis toe vir herstelwerk (al 18 maande) en daarom het die uitstalling bietjie rondgereis en ook in Abu Dhabi kom uitstal. Maar eers drink ons tee/koffie en eet 'n stukkie koek. Leane bestel 'n stukkie Picasso. Kyk net hoe is 'n skildery van hom op 'n stuk koek verewig. Mens is amper te bang om dit te eet. Daarna besoek ons die uitstalling maar natuurlik mag geen foto's geneem word nie. Die "portaal" waar die koffiewinkel is. Dis te warm vir my om foto's buite te gaan neem en terwyl ek die motor in die parkeerarea kry, stap die kinders die hotel se trappe af. Mens moet bietjie afkoel ook alhoewel ek nie sien Leane staan in die spuiters nie. 'n Besoek aan die Emirates Palace is altyd 'n belewenis. Hierdie foto is van die mall se kant geneem.

11 comments:

Anonymous said...

Die Emirates Palace is indrukwekkend hoor!! Mens voel seker soos royalty wanneer jy daar tee en koek eet!! Ek maak 'n notatjie om die Picasso museum te besoek, as en wanneer ek eendag daar uitkom!

Geniet julle laaste paar daggies saam! Wanneer vlieg die kinders terug?

Desia said...

Sjoe, wat 'n interessante plek waar julle woon; ek het nou ure hier spandeer om na alles te kyk!

Desia said...

Sjoe, wat 'n interessante plek waar julle woon; ek het nou ure hier spandeer om na alles te kyk!

Anonymous said...

Hi Sandra
Ja ek dra nog my sokkies weet nie van julle nie Charmaine. Wou leanne toe nie vir julle die reendans doen nie. Julle moet vir besoekers se dis verpligtend die reendans by die paleis
Annie

Anonymous said...

Hi Thea die manne is vandag terug en die huis is al klaar doodstil

Anonymous said...

Hi Desia welkom hier!

Annie jy ken vir Charmaine en koue ... hoef ek enigiets verder te se?

Nee wat niemand kan die reendans soos jy uitvoer nie

Anonymous said...

(((Sandra)))

Anonymous said...

Ons moet nog daar 'n draai gaan maak. ons ry amper elke dag daar verby. het julle werklik daardie koek geeet? dit lyk asof die koek heerlik kon wees.Is die koek van picasso altyd daar of net omdat daar 'n uitstalling is. Ons sal maar wag vir die winter,want hierdie hitte maak my lekker tam.

groete

Anonymous said...

Thea dankie!

Mariette ek dink dis net tydens die uitstalling en ja jy ken mos kinders hulle eet alles wat voorkom, selfs 'n Picasso :-). Kom deur dan gaan drink ons tee by die paleis.

Anonymous said...

Ja, ek en koue hou nie van mekaar nie en Annie nee, as ek aan daardie sokkies dink nou in hierdie hitte dan sweet ek klaar. Maar ek het hulle en het hulle in Suid Afrika gedra. Dis sulke lekker herinneringe sokkies.

Muriel said...

Sjoe wens ek kon die Picasso uitstalling sien, ek is 'n groot fan!

Sterkte met die stil huis!