Tuesday, July 8

Ons kuier bietjie in Dubai

Dubai .... die plek wat almal van weet en almal wil besoek behalwe meeste van ons wat in Abu Dhabi bly. Moet die verskriklike verkeer wees. Maar as mens gaste het is dit 'n plek wat hulle moet gaan sien, so net voor 8 vat ons die pad. Al ry ek die pad redelik gereeld verkyk ek my elke keer hoe die woestyn bietjie vir bietjie weggery word. Orals is bordjies wat een of ander nuwe ontwikkeling aandui. Waar is die kamele wat altyd langs die pad en veral by Jebel Ali gestaan het? Wanneer ons al die groot geboue slaan, wys Leane vir James 'n paar uit. William neem net foto's deur die motorruit terwyl ek kop moet hou om op die regte pad te kom. Ek lees dat die gebou in die middel, die Rotana, tans die hoogste hotel in die wereld is. Hierdie geboue is nog nie klaar nie. Dubai is mos maar tans een groot konstruksie "site". Ons het nie teveel tyd beskikbaar nie, wil weer dolfyne kyk, so ons gaan wys vir Leane een van die mooi kleiner malls. Die Mercato mall - a Renaissance style mall. Die woord mercato in Italiaans beteken mark. Hierdie was die eerste winkelsentrum met 'n tema in Dubai. Dit is iets om te sien aan die binnekant. Daar is omtrent 90 winkels in die Italiaanse, Spaanse en Franse styl, groot fliekteaters en 19 eetplekkies. Mens sien sommer dadelik vir Juicy Lucy en Milky Lane van die huis af! Die seuns kyk watter flieks speel en die meisies staan en kyk na die winkels. Die sentrums het almal iets vir die kinders tydens die vakansie en selfs groot kinders geniet dit. Nelmari en William kyk na die spieels. Orals is daar ook sulke straatstalletjies om by te loer. Ek gaan laai vir Monique op om bietjie saam te kuier en met die instap sien sy Top Shop op die linkerkant en Mango's op die regterkant en sy is baie in haar skik en hulle het "sales"!! Hier is sy by een van die prente teen die sentrum se mure met soos sy se, haar favorite kledingstuk (?!) in haar favorite kleur by haar favorite winkel!

4 comments:

jackieo said...

Ai die Mercato Mall lyk darem mooi - sal beslis daar 'n draai gaan maak - Leane se juis die klere is so goedkoop. Dankie vir al die mooi foto's Sandra

Anonymous said...

Die label klere is goedkoper as by die huis ja.

Muriel said...

Whaaaa!! Dit is verskriklik mooi!! Ek is mal oor hierdie mall!! Hoekom kan ons nie ook so mooi Renaissance mall hĂȘ nie? Nee nou raak ek jaloers!!

Anonymous said...

Muriel het jy nie die dag afgevat nie? Of tel dit nie vir blog nie? Dit is 'n verskriklike mooi mall met alles wat mens nodig het.