Thursday, July 24

Swem saam met dolfyne en haaie

My 500 ste inskrywing vandag en die laaste stukkie oor die verlore stad. Hierdie is 'n uitsig vanaf een van die kamers op die swembaddens en hierdie een kyk uit op die waterpark ontwikkeling. Die waterpark is 17 hektaar groot.Soos ek met die vorige inskrywings vertel het gaan hierdie "Atlantis verlore stad" alles oor water, maar eers wil ek julle gou-gou wys hoe lyk die hotelkamers in die binnekant. Die kinders loer na die sitkamer gedeelte van een van die kamers. Nelmari sit by een van die skeidings tussen slaap- en badkamer. 'n Mooi groot bad om lekker in te ontspan. Die park gaan 7 waterglybane het waarvan die Ziggurat die grootste een is. Dis 9 verdiepings (30 meter) hoog en gebou op 'n Mesopotamian tempel.
Daar sal ook 'n 2.3 km witwater river rondom die eiland loop wat aansluit by dosyne onderwater tubes wat na die Atlantis ruines gaan. Die watersisteem gaan 18 miljoen liter varswater gebruik om mense by glybane op en af te skiet.
En dan is daar die "Leap of Faith" glybaan waar mense in 'n varswater glybaan laat afgly binne die soutwater lagoon vol haaie!!!

Die ouens op die glybaan kom gelukkig nie met die haaie in aanraking nie. Wat as daai buis breek?

Daar is ook die Torrent rit wat mense met "rapids" en branders van amper 2 meter stuur. By al hierdie "waterspeletjies gaan daar 3500 werkers van 20 lande wees wat toesig hou en help..

Die plek wat ek die interessantes vind is die "Dolphin Bay". Dis die grootste rehabilitasieplek vir dolfyne in die wereld en hier gaan huidiglik 28 dolfyne in 'n 11 hektar lagoon versorg word. Daar is 3 grotte kompleet met strande en selfs kwarantyn poele waar die dolfyne kan swem ens speel.Hier sal baie seediere versorg word en is dit die UAE se eerste "marina rescue and rehabilitation sentrum" en enigste in die Arabiese Golf.
Die sentrum gaan ook 'n opvoedkundige program he waar universiteite en plaaslike skole kan kom kyk en leer. Kyk net die fasiliteite.Die dolfyne wat hier is, kom almal van die Solomon Island Marine Mammal Education Center. William verkyk hom aan die TV skerms waar mens meer van die dolfyne kan leer. Net om te wys dat selfs die "dolfyne huis" soos die hotel met net die beste toegerus is. Kyk hierdie ligte.

16 comments:

Thea said...

Sandra, hierdie plek is ongelooflik!!! Ek het eers gedink R500 is baie, maar na alles wat ek nou gesien het, sal ek dit enige tyd betaal!

Geluk ook met jou 500ste inskrywing!! Ek geniet dit om hier te kuier!!

Anonymous said...

ja, geluk met jou 5ooste inskrywing!dis deur jou blog wat ons vandag hier is. so dankie, want dit is harde werk.

ja,ons het nie woorde om te se hoe ongelooflik die plek is nie, kan nou nie wag vir die openig nie. wow, wow! stunnieng!!!!

Anonymous said...

ag tog dit was ek die vorige inskrywing, my vingers is te vinnig vir my brein vandag.

Anonymous said...

Thea ek reken ook dit sal waarde vir geld wees, maar miskien soos by die paleis sal 'n koppie teen ook R100 kos en dis bietjie dik vir 'n daaler

Anonymous said...

Mariette is dit nou my skuld dat jy so warm kry?!? :-)

Anonymous said...

ha-ha-ha!! Nee beslis nie, dit is deur jou nice blog wat ons nou hier is en al hierdie mooi dinge self kan kom beleef en ervaar! Dink nou net as ons nog in SA was, sou ons nou net van hierdie dinge kon lees,- en wens eendag as ons groot is..... maar nou is ons groot, en nou hoef ons nie te wens nie nou kan ons dit doen!!!
(die hitte is 'n bysaak -gelukkig is daar die uitvinsel van aircons!!)
chat wee.

Anonymous said...

Hi Sandra,
Ek het jou gister by Dellie raakgelees, en besluit om te kom kuier! Baie mooi blog wat jy hier het: regtig interessant en baie, baie mooi foto's!

Muriel said...

Baie geluk met jou 500ste Sandra.
Ons lees en kuier altyd lekker hier!
Ek wil ook in Dubai kom bly!! Ek is nou moeg dat ek nie sulke mooi dinge het nie!!

Ek is mal oor dolfyne!!!!

Ek wil net sê mense al is daar baie geld in Dubai, en lyk dit asemrowend mooi, doen hulle ook goeie dinge met die geld. Ek het gister vir Charmaine vertel van die Sheikh se goeie daad in Morocco. Ek hou van die Sheikh (bloos ek nou)hehehe En kyk nou weer hierdie dolfyne storie. (wag ek skryf jou comments vol dat ek stop)

Hi Boendie welkom hier!!! Hier gaan jy lekker kuier!! Jy moet weer kom!

Lekker naweek hou almal!! Dankie vir jou mooi boodskappie op my blog Sandra!!

Hier kort balonne vir die 500ste!! Dis 'n groot mylpaal!!

Muriel said...

O ek vergeet om vir Boendie te sê ek is eindlik Wipneus!! hehehe

Anonymous said...

Mos gesê ek sal kom kuier, en nou is ek so spyt ek het nie lankal nie! Jy het 'n pragtige blog, en ek is mal oor jou foto's. Hierdie naweek sal ek so bietjie kom opvang, baie geluk met 500 inskrywings! :wink:

Anonymous said...

Haai Tannie, dit lyk amazing daar en ek kanie wag om dit ook te kom sien nie. Groete liefde, Elriza

Anonymous said...

Boendoes en Dellie dankie vir die kom inloer hier, hoop ek sien julle weer.

Anonymous said...

Muriel jou mooi dinge is nie dieselfde as hier nie en weet net ons is weer net so jaloers daarop.

Hierdie sheikhs is baie vrygewig ja en doen miljoene dirhams se skenkings aan klompe lande baie gereeld. Wanneer het jy nou weer op Charmaine se blog gese kom jy by die sheikh teedrink?

Anonymous said...

Hi Sandra, ook net geluk se met al die inskrywings en soos Mariette gese het, 'n blog soos joune verg baie harde werk. Hou so aan, ons bly altyd nuuskierig oor wat volgende gaan verskyn.

Anonymous said...

Elriza ons kan ook nie wag dat die twee van julle hier kom kuier nie - sal nie met jou ma kan huishou nie.

Dankie Siegfried ek waardeer!

Anonymous said...

Ja ek stem saam... jy doen ons almal, binne en buite die UAE 'n groot guns met jou uitstekende navorsing en mooi fotos. Ons sal die 500 ste inskrywing moet vier...

Elriza dis waar, ek sal vir julle dans en sing as julle kom.. verniet.. Baie liefde.. die mam

Maat ek wil nog byse dat ek nie weet hoe groot mens se geloof moet wees om saam met die haaie te swem nie. Mens soek mos nien moeilikhied waar dit kon gebly het nie.. ek dink nie dis vir my net. Ek sal op die wal staaan en kyk.