Saturday, July 5

Henne(a) partytjie

Soos altyd wil die meisies hulle hande gehenna he as daar gekuier word en ek het ook nou al vrede gemaak dat Nelmari dit doen, want dit hou net 2/3 weke en dan is dit weer 'n jaar tot die volgende keer. Ons gaan gewoonlik na 'n tradisionele "salon" toe waar daar nie foto's geneem kan word nie.Ek kon hulle darem afneem voor die "salon" met sy groot plastiekblomme, na die tyd. Ek wens so ek kon julle 'n kykie gee van wat binne aangaan. Die vertrek is 'n sit/eetkamer grootte met klomp sit/le stoele. Op elkeen 'n vrou met haar hande in die lig en voete teen 'n waaier om die henna droog te kry. O ja en ek moenie vergeet om te se die mure is 'n helder oranje en geel geverf!! By party sit daar een vrou by elke hand en verf. Die voetsole word so "geplaster" met die henna ... en ons bespiegel waarom. Ook die naels en vingerpunte. Gelukkig is die kinders nog nie daar nie! Dan het meeste van hulle nog selfone waarop daar gekekkel word en deel hulle die gesprek met die vrou aan die verste kant van die kamer en alles in Arabies. Mens kan eintlik hoor hulle praat van jou as almal so kyk na die mense met hul gewone klere en witgesigte. Ons hoor hoe hulle die lande raai waarvandaan ons moontlik kan kom want hulle ken nie die taal wat ons praat nie. Gelukkig is Nelmari by en sy moet luister en vertel wat hulle se dat ons darem kan antwoord. Wanneer mens eers daai kontak gemaak het, begin hulle uitvra en vertel dat hulle besig is om voor te berei vir 'n troue. Die familie kom so bymekaar en almal laat doen hulle hande en voete en bly en kuier sommer heeldag tot almal sin droog is. Ons besluit toe sommer dis waar 'n henne-partytjie vandaan kom!

6 comments:

jackieo said...

Sandra hoe lank neem dit nou om 1 persoon se hande te verf? Moet se almal s'n lyk baie mooi maar ek dink Leane moet terugvlieg met haar abaya en henna hande - hulle sal dink - siestog die arme kind is seker vroeg al getroud (kinder verkope!!) sy is mos so klein!

Anonymous said...

Sue, dit is juis wat ek nou oor bekommerd oor is. Sodra hulle op kampus terug is gaan die storie loop dat hulle getroud is!
Eish................

Anonymous said...

Hai daar.Ek is nog hier met so 7oC in die DAG. Reen sneeu hael en ja toe ook weerlig en donderweer. Die berge is natuurlik wit en ook die koppe daar by die see. Die Porthills as julle nog n kaart het. Ek het my planne Eddie, maar G sal maar moet begin om syne ook te maak as hy wil duitse plekke saam met jou besoek! haha! Ek was so trots op my henna hande!!
Annie

Anonymous said...

Annie dit klink sooo lekker koud daar by julle!!

Sue die henna self vat net so 'n halfuur, maar dis die wag voor die tyd en die droogword van die hande wat vir ewig kan neem.

Sue/Eddie moenie kommer nie, die henna beteken nie hulle is getroud nie en alles sal omtrent weg wees as sy in SA/kampus kom ...

Muriel said...

Hi julle, dit lyk baie mooi!! Ek wil ook nog my hande laat Henna, net vir die snaaksegeit, veral as ons 'n Indiese aand het. Ek het nou die dag vir my van daardie Indiese juwele gekoop, wat jy aan jou voete dra (wat so klingel) !! Nou hang ek dit vir die mooi saam 'n mat teen die muur op!!

Anonymous said...

Hi Muriel is daar plekke naby waar jy kan henna?