Wednesday, July 16

Battuta in 'n neutedop

Van al die mall in Dubai het ek seker van Battuta die meeste foto's gewys omdat dit verseker 'n winkelsentrum is wat mens nie kan/moet mis nie. Dis miskien die rede hoekom die kinders na 'n besoek aan die mall slegs 4 foto's neem. Mens kan hulle ook nerens sonder 'n fotograaf laat gaan nie. Die mall is vernoem na 'n 14de eeuse ontdekker Ibn Battuta wat 29 jaar deur die Midde Ooste en Asia gereis het. Die ses verskillende lande, China, Indie, Egipte, Tunisie, Persie en Andulusia maak die mall tema uit en elke "land/court" is versier met dinge van die betrokke lande. Ek gaan julle nie weer verveel met inligting nie, maar die wat nog nie die geskiedenis ken nie, loer bietjie by vorige inskrywings http://tussen-die-duine.blogspot.com/2007/08/ibn-battuta-mall-1-die-girly-dag.html en http://tussen-die-duine.blogspot.com/2007/08/ibn-battuta-mall-2-die-ander-helfte.html vir foto's en inligting. Sue ek moet darem vir jou wys jou dogter was wel daar en sy het nie baie pakkies huistoe gebring nie. Hier is sy in die China court by een van die bote. Indie is die ander gewilde court met sy groot olifant wat ook 'n horlosie is. Die seuns kuier in Egipte. Nou's ek alweer nie seker waar dit is nie. Elriza help?! In elk geval die winkels is nog toe terwyl die seuns rondkyk.

8 comments:

Anonymous said...

hi Sandra,
ag nee man jy neem my darem nou terug na n baie lekker tyd en ek is so bietjie broos op die oomblik.
annie

Anonymous said...

Annie kan jy nie onthou waar die laaste foto geneem is nie?

Kom ons gaan drink 'n latte en gesels bietjie.

Anonymous said...

Hi maat en Annie... ja ons kan doen met 'n lekker gesels en kuier... wat van die wol sokkies en warm koppie koffie op die kombuiskas daar in die yskoue New Zeeland? En dan moet julle weet ek kry baie warm want ek skrik vir daardie groot koue.

Anonymous said...

Ja was dit nie 'n lekker kuier nie. Elke keer as ek vir iemand daai foto's wys wil hulle weet wat ons op die kas gesoek het :-).

Anonymous said...

Dit is 'n mooi inskrywing oor die Buttuta mall, ons was ook daar gewees nou die dag. was lekker, en dis 'n mooi plekkie, nie so besig soos die ander nie, elkgeval nie toe ons daar was nie. Ons wil eintlik net die seuns en Leane groet want hulle gaan mos more weer terug soos ek jou verstaan het. Julle moet julle self mooi oppas daar in ons ou geliefde land en bly veilig.
groete
Sieg,Mariette,Christiaan en Jay!

Anonymous said...

Hi Mariette, Battuta is een van my drie gunstelinge in Dubai maar mens loop tot in die ewigheid daar.

Dankie en ja die seuns en Leane vlieg moreoggend en dan gaan die huis weer stil wees.

Ons moet hierdie week daai koffie drink hoor!

Anonymous said...

Hallo Tannie, daai laaste foto is Persia ek dink ;-) was nie eers daar die keer nie, maar darem het ek die doflyne gesien. Groete liefde. Elriza

Anonymous said...

Hallo Elriza dankie ek's seker jy's reg, jy ken die mall mos goed :-).